Kurland Villa
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kurland Estate, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Vanaf R35 000 per nag (plek vir 16)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kurland Villa is die tuiste van Peter en Dianne Behr wat die Kurland Hotel en Polo-landgoed gestig het. Die perseel is al in die familie vir 3 generasies. Die villa is op privaat grond langsaan die landgoed, naby 'n inheemse woud en in 'n beskutte en pragtige omgewing.
Die villa is 'n groot en onlangs geboude tuiste in die tradisionele Kaaps-Duitse styl, maar met al die vereistes vir 'n moderne leefwyse. Die binnekant spog met net die beste afwerkings en hoogste standaarde en die villa is pragtig en elegant ingerig.
Kurland is geskik vir gesinne of groepe wat op soek is na eksklusiewe en beskutte plattelandse verblyf. Dit is ook perfek as 'n basis vir polo-entoesiaste wat polo wil speel/kyk by die landgoed. Alhoewel dit ver van die gepeupel is, is dit na genoeg aan Plettenbergbaai met sy vele doendinge en besienswaardighede.
Die villa is geleë in 'n parkagtige omgewing en kyk noord na 'n inheemse woud tussen die voorheuwels van die Tsitsikamma-berge.
Die hoofhuis het 'n ingangsportaal op die onderste vloer, 'n en suite-gastekamer, sitkamer, leef- en TV-kamer, eetkamer, groot kombuis met instap-koelkamer, opwaskamer, skoenekamer en wasgoed- en linnekamer. Die groot bedekte veranda het braaigeriewe en 'n pizza-oond. Onder is daar 'n wynkelder propvol voorraad. Langsaan die swembad is daar 'n spa met 'n Jacuzzi, sauna, stoomkamer en aantrekkamer. Daar is breëband WiFi en satelliet-TV in al die hoof-leefareas asook die slaapkamers.
Die dubbeltrap lei na die boonste vloer waar die en suite-hoofslaapkamer is met sy aantrekkamer, skakelstudeerkamer en rekenaar, daar is ook 'n en suite-dubbelkamer en nog 2 dubbelkamers wat die groot badkamer deel. Daar is ook 'n kinderspeelkamer.
Die westelike vleuel is apart en het 2 en suite-kamers, 'n leef- en TV-kamer en 'n oopplan-kombuis en -eetkamer wat volledig toegerus is. Onder is daar 'n en suite-slaapkamer wat ook 'n leef- en TV-kamer het, 'n klein eetkamertjie en kombuisie. Soos die hoofhuis het hierdie kamers elk onbelemmerde uitsigte oor die ongerepte platteland.
Kurland Villa het permanente skoonmaak- en tuindienspersoneel en, indien versoek, 'n "butler" en sjef wat by die tarief vir die duur van verblyf ingesluit sal word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Spaans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Dienste
- Kamerbediening
- Kamer daagliks skoongemaak
- Diens op aanvraag
- Telefoon
- Wakker-bel oproep
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Minikroeg
- Mandjie met peuselhappies
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Kurland Estate, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kurland Estate, The Crags, 6602, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang