Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Gratitude

Langtermynverblyf-aanbod 40% af

Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 19 Jan 2024 tot 10 Des 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ghwarring-singel 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 R1 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

La Gratitude is 'n knus, troeteldiervriendelike huis in Vermont. La Gratitude is naby Vermont se pragtige wandelpaadjies langs die see. Daar is 'n park met 'n speelarea vir kinders net om die draai. Dis die perfekte vakansieplek vir 'n gesin met oorgenoeg doendinge om almal besig te hou.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die 3 slaapkamers beskik elkeen oor 'n koninggrootte-bed (Posturepedic) en 2 enkelbeddens in die leefarea wat ideaal is vir kinders. 100%-katoenperkallinne word voorsien. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort en nog 'n ander badkamer wat gedeel word. Geriewe sluit oopplan-leeafareas, 'n TV-kamer of sitkamer en 'n binne-braaikamer in. DStv kan teen ’n addisionele koste van R100 per dag gereël word, of gaste kan hul eie dekodeerder saambring om toegang tot DStv te hê.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasplaat, 'n tuimeldroër, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis bied toegang tot 'n onderdak-braaikamer en 'n leefkamer. Daar is 'n groot omheimde tuin sodat jou kinders of dierevriende lekker kan speel.

Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig binne agter 'n outomatiese hek en 1 voertuig in die parkeerarea agter 'n hek. La Gratitude beskik oor 'n alarmstelsel en gewapende reaksie van die ADT-sekuriteitsfirma. Skoonmaakdienste is op versoek en teen ekstra kostes beskikbaar. Let asseblief daarop dat La Gratitude selfsorgverblyf bied. Gaste moet ook asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Daar is 6 badhanddoeke beskikbaar. Let asb. daarop dat Vermont ’n rustige dorpie is en klank kan ver gehoor word in hierdie omgewing, so geen harde musiek en partytjies word toegelaat nie.

Daar is tientalle doendinge en besienswaardighede in die omgewing. Gaan stap gerus op Vermont se wandelpaadjies en kyk uit vir walvisse en dolfyne wat in die baai baljaar. Maak 'n draai by Onrus-strand met sy veilige strandmeer waar kinders lekker kan swem. Vaar op die strandmeer in 'n roeiboodjie. Op 'n Saterdag en Sondag kan gaste gerus besoek aflê by die markies, winkeltjies en galerye in die omgewing. Bootvaarte, diepsee-visvang, kajakvaart en hawe-toere kan onderneem word. Gaan haaihokduik by Kleinbaai in Gansbaai of gaan speel gholf by Arabella wat net 10 km weg is. Proe Pinot Noir by die gesogte wynplase in die Hemel-en-Aardevallei.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Eugenie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 60

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Ghwarring-singel 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Gratitude het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R2 000 R1 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
R2 000 R1 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ghwarring-singel 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzN2JhMDZmLWRiOTAtNDllZS1hMjgwLTZhZWQ0ZGRiOTM4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 200 per nag (plek vir 8) 21 5 1 5 7 Ghwarring Crescent Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -34.41652877142 19.155434221029

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang