Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Paix Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versterstraat 10, Beaufort-wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Paix is die Franse woord vir "vrede". Dié gastehuis is in 'n stil buurt in Beaufort-Wes, 600 m vanaf die N1 geleë. Dit is ideaal vir gaste op soek na gerieflike verblyf met 'n tikkie luuksheid naby 'n rits doendinge.

Verblyf is beskikbaar in 10 eenhede waarvan sommige vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort of net 'n stort. Ander geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n TV met DStv, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en elektriese komberse in. WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n pragtige tuin met 'n baie voëlspesies en 'n swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors én motorfietse. Daar is ook braaigeriewe.

Ontbyt en aandete word voorsien. Ontbyt- en aandete-pakkies kan ook gereël word. La Paix het nie 'n dranklisensie nie, maar gaste kan gerus hul eie drank saambring. Ons maak ook voorsiening vir klein troues en privaat funksies, so doen gerus navraag. Goedgemanierde troeteldiere kan saamkom teen 'n addisionele R100 per troeteldier solank die eienaar ten alle tye verantwoordelikheid neem.

Beaufort-Wes het 'n munisipale en privaat museum. Die beroemde hartchirurg, Dr. Christiaan Barnard is hier gebore en getoë. Van die gereedskap wat gebruik is om die eerste hartoorplanting uit te voer word in die museum uitgestal. Die pragtige Karoo Nasionale Park is wes van die dorp.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 153 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lesley K
Gesin met tieners
5.0
Comfortable, friendly and attractive guesthouse. Loved this guesthouse. Ample, secure parking. Family-owned hospitality was excellent. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Elsa S
Saam met lewensmaat
5.0
We had a great stay. Very nice overnight accommodation. Friendly and helpful staff and owners. We recommend this accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Minette P
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi, gerieflik en silwerskoon. Baie netjies en silwerskoon. Sal dit beslis aanbeveel. Ons is ook vriendelik ontvang, al het ons laat aangekom.
Jan 2024
William S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker! Beslis sal weer daar bly! Kos was uitstekend!
Jan 2024
Louis V
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, rustig. Ons het baie lekker gebly. Die parkeering reg voor die eenheid was baie gerieflik. Kamer is goed toegerus.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ian & Anneline Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 153

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Versterstraat 10, Beaufort-wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Paix Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versterstraat 10, Beaufort-wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda13c41fb5c4bede81667f96ed8a1e46798b4ef828490d69b775d407b5317d6c9ff9d936979c2844de8874334019fb011908?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 153 5 1 5 10 Verster Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.352883318287 22.590032707549

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang