Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Paix Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versterstraat 10, Beaufort-wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Paix wat vrede in Frans beteken, is in 'n stil woonbuurt in Beaufort-Wes geleë, slegs 600 m vanaf die N1-hoofweg in die Wes-Kaap. Perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met 'n tikkie luuksheid, naby 'n verskeidenheid aksies.

La Paix bied 10 eenhede, waarvan sommige selfsorg is. Alle eenhede het hul eie privaat ingang en 'n en suite-badkamer met slegs 'n stort of met 'n bad en stort. Ander kamergeriewe sluit lugversorging, 'n TV met DStv, 'n yskassie, 'n ketel met komplimentêre tee en koffie en elektriese komberse in. WiFi is ook beskikbaar vir gaste.

Daar is 'n pragtige tuin met 'n swembad, wat 'n groot verskeidenheid voëlspesies huisves. Parkering vir motors en motorfietse is gratis en veilig. Daar is braaigeriewe vir gaste beskikbaar.

Ontbyte en aandetes word voorsien, asook ontbyt- en middagetepakkies kan gereël word. Neem asseblief kennis, daar is nie 'n dranklisensie nie maar gaste is welkom om hul eie alkohol saam te bring. La Paix maak voorsiening en bied klein troues en privaat funksies aan, gaste is welkom om navraag te doen vir verdere inligting. Troeteldiere is welkom teen 'n addisionele bedrag van R100 per troeteldier, maar moet onder volle beheer van die eienaar en huis opgelei wees.

Die dorpie Beaufort-Wes het 'n munisipale en privaat museum. Die bekende hartchirurg dr Christiaan Barnard is in dié dorp gebore en getoë. Van die toerusting wat gebruik is om die eerste hartoorplanting uit te voer, word in die museum uitgestal. Wes van die dorp is daar die pragtige Karoo Nasionale Park.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 152 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Elsa S
Saam met lewensmaat
5.0
We had a great stay. Very nice overnight accommodation. Friendly and helpful staff and owners. We recommend this accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Minette P
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi, gerieflik en silwerskoon. Baie netjies en silwerskoon. Sal dit beslis aanbeveel. Ons is ook vriendelik ontvang, al het ons laat aangekom.
Jan 2024
William S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker! Beslis sal weer daar bly! Kos was uitstekend!
Jan 2024
Louis V
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, rustig. Ons het baie lekker gebly. Die parkeering reg voor die eenheid was baie gerieflik. Kamer is goed toegerus.
Jan 2024
Annelie W
5.0
Dis 'n gerieflike oorblyplek oppad Wes-Kaap toe. Vriendelike diens. Skoon en netjies. Groot verskeidenheid kamers om van te kies.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ian & Anneline Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 152

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Versterstraat 10, Beaufort-wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Paix Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versterstraat 10, Beaufort-wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda13c41fb5c4bede81667f96ed8a1e46798b4ef828490d69b775d407b5317d6c9ff9d936979c2844de8874334019fb011908?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 152 5 1 5 10 Verster Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.352883318287 22.590032707549

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang