Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laguna Rest

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sagestraat 1, Laguna Lifestyle Village, Langebaan, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Laguna Rest bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n stylvol gemeubileerde grondvloerwoonstel in 'n veilige kompleks in Langebaan en is 2 minute se ry vanaf die Laguna Mall en gewilde Mykonos Casino.

Dié eiendom bied slaapplek aan 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die ruim hoofslaapkamer is ingerig met 'n ekstra-lengte dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeure is 'n privaat ontspanningsbinnehof met 'n ingeboude braai en sitplek onder 'n sambreel. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis. Daar is plek vir 'n tweede voertuig in die oprit, maar dit is nie onderdak nie.

Die eenheid bied ook tafeltennis, 'n veerpyltjiebord, basketbalring en putt-putt. Ideaal om oud en jonk besig te hou en op reënerige dae te vermaak.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 52 resensies vir Laguna Rest
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marilise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Sagestraat 1, Laguna Lifestyle Village, Langebaan, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laguna Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sagestraat 1, Laguna Lifestyle Village, Langebaan, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf68e09d3339502a887b0a9af4b6e8b29ff084e08171f866750fcceb78c68f35559dfbd567c3b4881fb4c066e8e78fd1373f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 52 5 1 5 1 Sage Street Laguna Lifestyle Village 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -33.041443001345 18.051195605505

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang