Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laparetreat

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Swartwitpensweg 2770, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Laparetreat is 'n selfsorg-vakansiehuis in Marlothpark. Die huis is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n gerieflike boswegbreek.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en daar is slaapplek vir 'n maksimum van 6 gaste, kinders vanaf 6 jaar oud ingesluit. Daar is 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Al die linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, oond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die huis het lugversorging en waaiers. Lugversorging is teen 'n ekstra koste. Daar is 'n omsetter wat die effek van beurtkrag verlig.

Die buite-area het 'n lapa met sitplek, 'n boma met braaigeriewe en 'n plonspoel. Onderdakparkeerplek word voorsien. Laparetreat het ook 'n omsetter in die geval van beurtkrag.

Daar is nie baie infrastruktuur in die park nie, maar gaste het toegang tot basiese geriewe soos restaurante, 2 winkels, 'n vulstasie, hardewarewinkel en 'n drankwinkel. Marlothpark het 4 van die Groot 5 - alles behalwe olifante. Daar is wel olifante by die Krokodilrivier wat Marlothpark en die Krugerwildtuin skei.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Estelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Swartwitpensweg 2770, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Laparetreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Swartwitpensweg 2770, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuPruVRkTMK10m2OaPmSqElQYIELMjd7ofEDMCkQVjA2xEoAm79?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 2770 Swartwitpens Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -25.343386664769 31.793191341105

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang