Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

LaPumba

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aandroosstraat 59, Leeupoort Holiday Village, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

LaPumba is ’n selfsorgeenheid in die Leeupoort Vakansiedorp in Limpopo. Leeupoort Vakansiedorp is 72 km vanaf Bela-Bela en 58 km vanaf Thabazimbi.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en bied verblyf aan tot 6 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ’n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met ’n stoof, oond (gas en elektries), yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die leefarea het gemaklike rusbanke en ’n TV met DStv Easy View. Die eetarea het genoeg sitplek waar gaste saam etes kan geniet.

Daar is ’n onderdak-Jacuzzi op die perseel, sowel as ’n onderdak-vermaakarea en -braai-area. Daar is ook 'n boma waar gaste om die vuur kan ontspan terwyl wild kom inloer.

Daar is 2 onderdakparkeerplekke.

Leeupoort-vakansiedorp bied ’n ruim, gemeenskaplike swembad, kroeg, restaurant, ’n klein winkel en bottelstoor by die ingangshek. Gaste moet asb. hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Petro L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Heerlik rustig, pragtige diere.
Nov 2024
Elzet K
Gesin met klein kinders
5.0
Siels rus. Baie lekker! Siels rus vir seker!
Nov 2024
Christelle D
Saam met lewensmaat
5.0
Alle verwagtinge word oortref vandat jy daar kom totdat jy vertrek. Absoluut 'n fantastiese wegbreek.
Sep 2024
Jaco M
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly. Awesome plek, en die baie diere wat kom kuier het, was wonderlik. Huis was baie skoon en daar was alles wat jy sal nodig kry.
Sep 2024
Henry H
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies en baie mooi. Baie prakties ingerig en super skoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Aandroosstraat 59, Leeupoort Holiday Village, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Gaste dink LaPumba het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aandroosstraat 59, Leeupoort Holiday Village, Thabazimbi, 0486, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb56a3c0069af818adac0436badcd256187656719f8c2a3c42df129d0c30e85c53a29a87337c3e2b78920ca946e2ed1fa90e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 6 mense 85 5 1 5 59 Aandroos Street Leeupoort Holiday Village 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -24.923063 27.632855

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345