Le Petit Chateau Gastehuis
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Agulhas-singel 14, Nerina, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Le Petit Chateau bied klassieke elegansie en styl vir die oordeelkundige sakereisiger wat op soek is na iets spesiaal teen bekostigbare en kompeterende tariewe in Durbanville, Kaapstad. Dit is in die gegoede Noordelike Voorstede geleë en naby die vernaamste sake-distrikte en vermaaksentrums, wynroetes, sportgronde en toeriste-besienswaardighede.
Verblyf word aangebied in 7 en suite-kamers. Elkeen is stylvol versier met 'n individuele kleurskema. Daar is ook 'n ruim en volledig toegeruste suite buite die gastehuis wat geskik is vir selfsorg- of langtermyn-gaste. Hier kan jy ontspan en jou skoene uitskop na 'n opwindende dag van rondtoer, of 'n uitputtende dag op kantoor. Sit agteroor in enige van die ruim leefareas waar daar eerlikheidskroeë beskikbaar is, of ontspan buite in die pragtige en rustige tuin met die klank van kabbelende water.
'n Heerlike, volledige ontbyt is by die tarief ingesluit of andersins kan 'n Kontinentale of gesonde ontbyt voorberei word. Aandete en ander peuselhappies kan gereël word op versoek en ons kan enige spesiale dieetvoorkeure akkommodeer, alhoewel dit dalk ekstra kostes mag dra.
Ons het ook goeie konferensiegeriewe vir groepe van 20 afgevaardigdes in 'n ontspanne en privaat konferensielokaal. Die konferensielokaal het lugversorging en voorsien 'n uitstaande venue vir spanbou, produkbekendstellings en opleidingsessies. Dit is ook ideaal vir meer intieme sosiale geleenthede. Reëlings vir spesiale behoeftes, spyseniering en toerusting moet asseblief voor die tyd met die konferensie-koördineerder bespreek word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Divine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Agulhas-singel 14, Nerina, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Le Petit Chateau Gastehuis het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Agulhas-singel 14, Nerina, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering: