Leeu Lê
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R820 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Leeu Lê is sentraal geleë in Marloth Park en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende van 8 mense. Dit is maklik bereikbaar vanaf die N4 en naby verskeie doendinge, besienswaardighede en geriewe.
Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Kwaliteit matrasse, kussings en linne word voorsien. Die tweede badkamer is apart en het ook 'n stort. Die hoofslaapkamer het lugversorging en die ander kamers het waaiers.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die sitkamer het oorgenoeg sitplek, daar is braaigeriewe en stoepmeubels op die patio. Daar is ook 'n plonspoel om in af te koel op daardie warm somersdae, 'n omskakelaar en gratis internet.
Daar is net 'n eiendom wat Leeu Lê en Lionspruit skei, so gaste sal die brul van die leeus kan hoor.
Die park het verskeie geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant op die oewer van die Krokodilrivier waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle kyk hoe die diere kom water drink. Daar is ook 'n waterpark met glybane.
Gaste kan sebras, bosvarke en ander wild bespied tydens hul verblyf. Daar is ook saans bosbabatjies by die voerpunte.
Leeu Lê is ongeveer 800 m vanaf die grens van die Krugerwildtuin wat deur die Krokodilrivier geskei word.
Nag- en daguitstappies is beskikbaar teen bekostigbare tariewe in die park en die Krugerwildtuin.
Mosambiek se grens is ongeveer 31 km ver en Swaziland se grens is 77 km ver. Gaste kan ook die Panorama-roete by Hazyview, wat 148 km ver is, besoek en dit sluit God's Window, Bourke's Luck-kolkgate by die Blyde River Gateway en Mac Mac met pragtige uitsigte in. Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop aan die ander kant van Mbombela (Nelspruit) besigtig.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Susarah Maryna Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 96
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Leeu Lê het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang