Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leeu Lê

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R820 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Leeu Lê is sentraal in Marlothpark geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende van 8. Dit is maklik vanaf die N4 bereikbaar en lekker naby verskeie aktiwiteite, besienswaardighede en geriewe.

Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gehalte-matrasse, -kussings en -linne word voorsien. Die tweede badkamer is apart en het ook 'n stort. Die hoofslaapkamer het lugversorging en die ander slaapkamers het waaiers.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitkamer het genoeg sitplek. Daar is braaigeriewe en stoepmeubels op die stoep, en 'n plonspoel om op warm somersdae af te koel, omsetter en gratis internet.

Slegs 1 eiendom skei Leeu Lê van Lionspruit, so gaste sal die gebrul van die leeus kan hoor.

Die park het verskeie geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant op die Krokodilrivieroewer waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle kyk hoe die diere water kom drink. Daar is ook 'n waterpark met glybane.

Gaste kan tydens hul verblyf hul oë vir sebras, bosvarke en ander natuurlewe oophou. Saans is daar ook nagapies by die voerpunte.

Leeu Lê is ongeveer 800 m vanaf die grens van die Krugerwildtuin wat deur die Krokodilrivier geskei word.

Nag- en daguitstappies is teen bekostigbare tariewe in die park en die Krugerwildtuin beskikbaar.

Mosambiek se grens is ongeveer 31 km ver en Swaziland se grens is 77 km ver. Gaste kan ook die Panoramaroete by Hazyview, wat 148 km ver is, besoek en God's Window, die Bourke's Luck-kolkgate by die Blyde River Gateway en Mac Mac met pragtige uitsigte verken. Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop aan die ander kant van Mbombela (Nelspruit) gaan bewonder.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 30 resensies vir Leeu Lê
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Susarah Maryna Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 91

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Leeu Lê het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R820
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R820
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2bec4533b2d07d63a3ff0cd38cba15574aab5363643c0dd215e3538b3aef178dcce4a6d8965d5f3a82363a11f5c1e52c43cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R820 per nag (plek vir 4) 30 5 1 5 1056 Maroela Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -25.370231006626 31.766446528399

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang