Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leeu Lê

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R820 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Leeu Lê is sentraal geleë in Marloth Park en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende van 8 mense. Dit is maklik bereikbaar vanaf die N4 en naby verskeie doendinge, besienswaardighede en geriewe.

Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Kwaliteit matrasse, kussings en linne word voorsien. Die tweede badkamer is apart en het ook 'n stort. Die hoofslaapkamer het lugversorging en die ander kamers het waaiers.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitkamer het oorgenoeg sitplek, daar is braaigeriewe en stoepmeubels op die patio. Daar is ook 'n plonspoel om in af te koel op daardie warm somersdae, 'n omskakelaar en gratis internet.

Daar is net 'n eiendom wat Leeu Lê en Lionspruit skei, so gaste sal die brul van die leeus kan hoor.

Die park het verskeie geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant op die oewer van die Krokodilrivier waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle kyk hoe die diere kom water drink. Daar is ook 'n waterpark met glybane.

Gaste kan sebras, bosvarke en ander wild bespied tydens hul verblyf. Daar is ook saans bosbabatjies by die voerpunte.

Leeu Lê is ongeveer 800 m vanaf die grens van die Krugerwildtuin wat deur die Krokodilrivier geskei word.

Nag- en daguitstappies is beskikbaar teen bekostigbare tariewe in die park en die Krugerwildtuin.

Mosambiek se grens is ongeveer 31 km ver en Swaziland se grens is 77 km ver. Gaste kan ook die Panorama-roete by Hazyview, wat 148 km ver is, besoek en dit sluit God's Window, Bourke's Luck-kolkgate by die Blyde River Gateway en Mac Mac met pragtige uitsigte in. Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop aan die ander kant van Mbombela (Nelspruit) besigtig.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Arno R
Gesin met klein kinders
5.0
Quiet place. Great place, clean and very beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Marié B
Gesin met klein kinders
5.0
Awsomeness. Baie netjies en skoon! Sal vir seker weer daar gaan bly!
Jul 2024
Leonie C
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker gebly en geswem. Die kinders was baie bly om diere so op te sien. Verskriklik lekker gebly. Dit was so rustig en die lekkerste plek om net te o...
Sien meer
Des 2023
Freddie P
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Vreeslik lekker gebly. Die Omskakelaar (Inverter) het 'n groot verskil gemaak tydens beurtkrag skedules.
Nov 2023
Helena L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker goed toegerus. Lekker gebly, sal WiFi aanbeveel aangesien selfoonsein baie swak is. Ook gasstoof vir as weer baie bewolk is, dan kan inver...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Susarah Maryna Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 95

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Leeu Lê het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 820
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 820
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroela-straat 1056, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2bec4533b2d07d63a3ff0cd38cba15574aab5363643c0dd215e3538b3aef178dcce4a6d8965d5f3a82363a11f5c1e52c43cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R820 per nag (plek vir 4) 32 5 1 5 1056 Maroela Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -25.370231006626 31.766446528399

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang