Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leeurivier-Die Hoenderhok

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeurivier, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Leeurivier-Die Hoenderhok is 12 km vanaf Swellendam geleë en bied rustieke verblyf wat deur die pieke van die Langeberge omring word. Dit is ideaal vir gesinne en vriende wat op soek is na 'n wegbreek uit die stadsgewoel.

Dié huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n etenstafel met sitplek vir 6, tweeplaat-induksiestoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-dekodeerder. Gaste moet asb. hul eie slimkaart saambring aangesien die kanale beperk is. Die verblyf spog ook met 'n knus kaggel.

Daar is buite-eetplek en 'n braai-area. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Swellendam is net 12 km ver en hierdie area spog met wonderlike uitsigte. Die Overberg-streek is nie te ver vanaf Kaapstad en hiér kan gaste die wingerde, woude, fynbos, graanlande, strande en ruwe kuslyn bewonder.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Landi Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 52

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Leeurivier, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeurivier, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b7101ce4c0fac9a0f0240c5c871ba26a166f44e34330cb317f0c1241bb0ce0fc8a4ccbba83125e542acde009ed7190881f8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense Leeurivier Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.994192039153 20.340862052741

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang