Leeuwenbosch Country House - Amakhala Game Reserve
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: N2 tussen Port Elizabeth en Grahamstad, Paterson, 6139, Oos-Kaap
- Vanaf R9 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Leeuwenbosch Country House - Amakhala Game Reserve is 'n wildlodge wat omskep is uit die statige 1908 Setlaars-huis van die Fowlds-gesin. Ons weelderige verblyf en fynproewersdisse word gekomplimenteer deur 'n wye reeks wildkyk en soortgelyke buitelug-doendinge op die reservaat, elkeen gelei deur een van ons professionele gidse.
Die lodge bied verblyf in 4 ruim en suite-slaapkamers met antieke en historiese skilderye.
Ons ervare gidse doen toere elke oggend net ná jou eerste koppie koffie of in die middae, ná jou middagtee. Gaan op 'n widrit, 'n staptoer of riviervlotvaart deur die skilderagtige wildernis van die Amakhala-wildreservaat en beleef die diverse plant- en dierelewe wat dié stukkie aarde hul tuiste maak. Elkeen van ons diere word met 'n passie beskerm: vanaf olifante tot ystervarke, van renosters af tot leeus en springbokke.
Gaste kan ook die rustige oomblikke in die skemerstilte tussen die 19de eeuse klipkapel indrink, 'n middagtee geniet in die skadu van die veranda of tot laat in die nag in die vrolike wynkelder-kroeg kuier.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Lion Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 161
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- N2 tussen Port Elizabeth en Grahamstad, Paterson, 6139, Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: N2 tussen Port Elizabeth en Grahamstad, Paterson, 6139, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering: