Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekkerus

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 140, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Lekkerus is 'n selfsorgwoonstel in Kleinmond, 'n bekoorlike kusdorpie in die Overberg. Die woonstel is slegs 170 m vanaf die strand, en net sowat 1,6 km vanaf Kleinmond se swemstrand.

Die woonstel is op die eerste verdieping en het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Die kamer het 'n dubbelbed, dakwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n oopplan-leefarea waar nog 'n enkelbed staan.

Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, ketel, stomer, broodrooster, eetgerei en breekware. In die leefarea is daar 'n TV met 'n DVD-speler asook DStv Premium. Buiten die enkelbed, is daar ook 'n gemaklike rusbank, drie gemakstoele en 'n eetarea met 'n etenstafel en 4 stoele. 'n Skuifdeur lei na die balkon met 'n losstaande braai, tafel en gemakstoele. Daar is veilige parkering vir 'n motor. Die verblyf word nie deur berutkrag geraak nie en WiFi is beskikbaar.

Let asseblief op dat die eienaars op dieselfde perseel bly.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 126 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Miekie D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties heerlik en ontspannend. Wat 'n lieflike ondervinding, eienaars het baie moeite gedoen, daar was vars blomme, beskuit en sjokolade, en om di...
Sien meer
Jan 2025
Elize V
Saam met lewensmaat
5.0
So lekker, sal beslis weer gaan. Dit was 'n wonderlike naweek.
Jan 2025
Kobus M
Saam met lewensmaat
5.0
'n Paar heerlike dae waar ons kon stap, swem, hengel en heerlik uiteet! Billik, netjies en gerieflik. 'n Wonderlike plekkie wat jy as basis kan gebrui...
Sien meer
Jan 2025
Angelique S
Saam met lewensmaat
5.0
Superb! The hosts are very friendly and helpful and really made us feel very welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Theo S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gekuier en sal beslis weer gaan. Netjiese plekkie wat volledig toegerus is. Naby aan die see en pragtige staproete.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jannie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 163

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Tweedelaan 140, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekkerus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 140, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBiMmI5NzFmLWQ3MzItNDBkZi1iZTk0LWY4NmFlN2IyZDg1Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 126 5 1 5 140 Second Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.343254 19.020945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang