Beste Danie
Ek is vreeslik jammer dat jy dit so negatief ervaar het. Maar ek wil darem ook verduidelik en regstel. Die enigste foto wat bedrieglik kan wees is dat jy na winter, tydens droogte en erge wind asook stof, nie n grasgroen grasperk kon sien nie. Die wind kolk ook altyd blare en stof by jou kamerdeur spesifiek agv die hoek wat dit vorm buite. Die skuifdeur se spoor loop dus maklik deur met dit.
Ons het aan jou die gasgeyser se werking verduidelik en daar is n telefoonnommer by die stort indien probleme. Ons is ook 24uur beskikbaar net n paar tree van jou kamer af. Gasgeysers vol oopgedraai is louwarm gestel en as jy die water se fors effe minder maak met ander woorde effe toeer dan word water warmer anders as elektriese geysers. Alg in stort sal ek opvolg, baie dankie vir die raad. Een stoel buite, ja maar binne jou kamer is nog n stoel. Jou kamer is op n deurgang gelee wat n tafel en 2 stoele moeilik maak. Ons het wel dadelik vir jou n tafeltjie gebring omdat jy buite wou vertoef en gevra of ons nog n stoel moes bring waarop jy geantwoord het dat jou vrou bietjie le en dis onnodig. Om die gastehuis is oral stoele en twee tafeltjies gelee op verskillende plekke. Daar staan altesaam 12 stoele buite oral en twee houtbankies waarvan een 4meter vanaf jou kamer se buitedeur is. Boonop is daar n lang agterstoep onder dak met nog n tafeltjie, drie stoele en n twee sitplekbank by die swembad. Dis onmoontlik om vir elke gastekamer n tafel en 2 stoele by sy buitedeur te sit.
Ek het ook met jou opgevolg om te hoor of alles reg is.
Ons poog altyd om beskikbaar vir kliente se behoeftes te wees en daarom het ons met jou aankoms daarvolgens opgetree en voel dis baie sleg oor jou ervaring.