Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lemon Tree

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kieserstraat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Lemon Tree bied knus verblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel en is in die hartjie van Beaufort-Wes geleë. Dit is die ideale opsie vir oornagverblyf vir vakansiegangers of sakereisigers.

Dié woonstelletjie bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Hierdie eenheid het ook 'n koffiestasie wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware toegerus is. Gratis WiFi en 'n TV met DStv is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met 'n tafel, stoele en braaigeriewe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Wasmasjien
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rene B
Saam met lewensmaat
5.0
Lafenis en rus plekkie na lang en warm dag se ryery. Lekker oornag plekkie. Veilige en rustige omgewing. Baie vriendelike en behulpsame gasvrou. Baie ...
Sien meer
Des 2024
Thelma B
5.0
Lieflike atmosfeer. Baie rustig en heerlik oorgeslaap. Die tuin is pragtig.
Des 2024
Mike H
Saam met lewensmaat
5.0
Relax. Great stopover for the night.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Madelein W
Saam met lewensmaat
5.0
Ons kon lekker braai en rustig slaap. Heerlik gebly. Netjies, die gasvrou was baie vriendelik.
Mrt 2024
Annalien V
Gesin met tieners
5.0
Netjies, ruim, rustig. Ons het baie lekker gebly. Na 'n lang dag op die pad was die lieflike bad 'n hoogtepunt vir my. Heerlik geslaap die aand. Sal v...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Louisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Kieserstraat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lemon Tree het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kieserstraat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8c0b6e01f64a91a785eefcb03f968ffa67172b5198f505da32a05b0c26b5a25840ae1e9c7ab4d1c413147561fce7bca7e93e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 4 mense 8 5 1 5 7 Kieser Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.350432305042 22.604888801189

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang