Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

L’Escalier

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 7, L’Escalier 46, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

L’Escalier is 'n ruim strandfrontwoonstel met slaapplek vir 9 gaste in Amanzimtoti.

Dié drieslaapkamerwoonstel op die derde verdieping kyk oor die see en strand en word met 'n hysbak of trappe bereik. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n bad. Badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.

Gaste kan ook in die sitkamer of op die balkon met 'n ingeboude braai en 'n pragtige see-uitsig ontspan. Daar is 'n teleskoop waarmee gaste na die dolfyne en walvisse gedurende die seisoen kan kyk. 'n Skoonmaakdiens kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word en troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en kinders moet ten alle tye onder toesig wees.

L’Escalier is 75 m vanaf die strand en 140 m vanaf Toti Mall met verskeie winkels en restaurante. Amanzimtoti bied 'n verskeidenheid restaurante en winkels en doendinge soos visvang, duik, snorkel en branderplankry. Gaste kan tussen Julie en Augustus die sardienloop dophou of die Amanzimtoti Bird Sanctuary, die Ilanda Wilds Natuurreservaat, Splash Water World en vele meer besoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

3.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
3.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.2/5

Priscilla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Kusweg 7, L’Escalier 46, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink L’Escalier het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 7, L’Escalier 46, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39c2b21ad28bfe5b0609decc3ea888eaa03eae3349aee4308c68f396125bd21d9afeeb13ff675570d452ea787ef63feeb5d8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 9) 1 5 1 4 7 Beach Road L’Escalier 46 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -30.0575213 30.8835591

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang