Licorna Beach Vakansie Woonstel 21
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Licorna Beach Vakansie Woonstel 21 is op die strandfront en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 4 gaste in Umhlanga.
Dié woonstel is op die eerste verdieping, word via 'n hysbak bereik en het lugversorging, 'n gedeeltelike see-uitsig, 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitkamer.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n stort, bad en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel.
Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na die stoep met 'n uitsig oor die rotstuin.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, braai-area en wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien en 'n veiligheidswag hou 'n wakende oog. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae, en ongelukkig kan troeteldiere nie toegelaat word nie.
Umhlanga bied mooi strande waar gaste skulpies kan soek, branderplankry, snorkelduik, skubaduik, roeiplankry en die Sardientjieloop tussen Mei en Julie kan aanskou. Daar is ook gholfbane en voetslaanroetes. Besienswaardighede sluit die Umhlanga Lagoon Natuurreservaat, die inheemse Hawaanwoud, Beachwood Mangrove Natuurreservaat, Gateway Theatre of Shopping, die Umhlanga-vuurtoring en die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom in. Verder is daar verskeie restaurante, kroeë en winkelsentrums.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 140
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 21 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang