Little Acre Luxury Pods
Beskrywing
Daar is 3 pods met lugversorging wat elk slaapplek aan 2 gaste bied en oor 'n oopplan-slaaparea met 'n koningingrootte-bed beskik. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n etenstafel met sitplek vir 2. Dit lei na 'n houtdek met buitemeubels, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad met 'n manjifieke berguitsig. Daar is ook 'n restaurant en 'n wynproe-lokaal op die perseel en gaste is welkom om die plaas te verken.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Let asb. dat 'n 500 m-grondpad na die verblyf lei. Gaste moet navraag doen oor die toestand van die grondpad voordat hulle bespreek.
Elke pod het blindings, maar die glasdak het nie.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Waverley Hill Organic Wines and Olive Estate, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang