Live our Journey
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strelitzia 10, Boggomsbaai, 6551, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Live our Journey is 'n selfsorghuis in die kusdorp Boggomsbaai. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende.
Hierdie huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en gaste deel die aparte badkamer met 'n stort. Gratis WiFi word voorsien.
Die oopplan-leefarea het sitplek, 'n TV met stroomdienste en 'n etenstafel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, braaipan, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eerlikheidskroeg.
Daar is 'n braai-area buite met 'n uitsig oor die gholfbaan. Daar is ook 'n binnebraai en veilige parkeerplek op die perseel. Die verblyf is net 950 m vanaf die strand en gaste kan sonsondergange geniet oor die Boggomsbaai se gholfklub. Die plekkie is dierevriendelik en Woefie kan ook saamkom vir die vakansie - maak net mooi skoon met vertrek.
Die see geruis is net genoeg om jou aan die slaap te sus en more oggend wakker te word met motivering om op die pragtige wit strand te gaan stap voor die dag begin. Geniet die geriewe, gratis hout en gemak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Ligging
- Strelitzia 10, Boggomsbaai, 6551, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Boggomsbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strelitzia 10, Boggomsbaai, 6551, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang