Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Log Cabin 3 @ Arends Rus

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N11, Arends Rus, Loskopvallei, 1080, Mpumalanga
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Arends Rus is 'n privaat, versteekte en gesinsvriendelike lodge op 'n berg met selfsorg-houthuise en 'n uitsig oor die Loskopdam. Die lodge spog met 'n asemrowende uitsig oor die area en is die ideale wegbreekplek buite die stadsgedruis. Dit is perfek vir 'n gesinsvakansie en bied 'n rits aktiwiteite en geriewe om almal te vermaak.

Log Cabin 3 @ Arends Rus bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens. Die aparte badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Buite is daar 'n klein stoep met sitplek, 'n privaat braai-area en 'n buitestort met warm water onder die sterrehemel.

Die lodge spog met 'n vriendelike plaasatmosfeer, 'n gemeenskaplike swembad, sondek en 'n grasperk. Daar is ook vierwielmotorfietse, verfbal-aktiwiteite en 'n Zipline op die perseel.

Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaan, visvang, wildritte, bootry, voëlkyk en 'n 9 putjie-gholfbaan in wat net 5 minute se ry ver is. Arends Rus is sowat 46 km vanaf Middelburg en 192 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Nic Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 189

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • N11, Arends Rus, Loskopvallei, 1080, Mpumalanga
  • Gaste dink Log Cabin 3 @ Arends Rus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Loskopvallei Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N11, Arends Rus, Loskopvallei, 1080, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e4a09dc9cae54620d611a62c58c2b8ee9070d9cb8f8e3102d31551cdd08bf05bdb108f0364f10253bc398e739de40520a1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 N11 Arends Rus 1080 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.4257727 29.4032887

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang