Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Island Villa and Suites

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kingsway-laan 3, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Island Villa and Suites bied verblyf in 3 opsies Luukse Villa, Lagoon Family Suite en die Butterfly Couple Suite om aan elke gas se behoeftes te voldoen. Dit is 'n ruim en moderne selfsorgverblyf in Leisure Isle, Knysna.

Luukse Villa het slaapplek vir 14 gaste en beskik oor 6 ruim slaapkamers met en suite-badkamers met toilette, wasbakke en storte. Linne en badhanddoeke word in elke badkamer voorsien. Die gesinssuite-kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens vir 2 kinders. Die tweede en vierde slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed, wat ook in 'n 2-enkelbed-opsie omskep kan word. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde kamer het 'n koningingrootte-bed. Die sesde slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elkeen van die slaapkamers het 'n platskerm-TV met toegang tot Netflix. Wi-Fi is ook beskikbaar.

Die moderne kombuis het 'n ontbyt-eiland met oorgenoeg sitplek en is toegerus met 'n gasstoof, 'n oond en kookplaat, 'n koffiemasjien, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis vloei na die leefarea met gemaklike rusbanke asook 'n pooltafel vir almal om te geniet. Die leefarea loop uit op 'n buitekroegarea met 'n ingeboude braai wat oor die aangelegde tuin en die baie uitnodigende swembad uitkyk. Daar is ook 'n 10-sitplek etenstafel beskikbaar vir almal om saam etes te geniet.

Gaste kan ontspan in die houtbrandbad en kan laataand langs die buitelug-vuurput geniet.

Die Lagoon Family Suite het 'n privaat ingang vanaf die hoofvilla. Die eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en kinders. Die eenheid indien gemeubileer met 'n dubbelbed en stapelbed. Ander geriewe in die kamer sluit tee- en koffiegeriewe en 'n TV met Netflix en gratis WiFi in.

Die Butterfly Couple Suite het 'n privaat ingang vanaf die hoofvilla. Die eenheid het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n toilet, stort en wasbak. Daar is tee- en koffiegeriewe asook 'n knus leefarea waar gaste kan ontspan. Gaste het toegang tot 'n TV met Netflix asook gratis WiFi. Gaste kan ook ontspan op die patio wat oor die rustige tuin uitkyk.

Gaste het ook toegang tot 8 parkeerplekke op die perseel.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Kingsway-laan 3, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kingsway-laan 3, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaea11e3c73aebf63b3a10fcaec681a3f5f10588cd9c39d2fc70477775c1aa42f69bb793923a04ffa258f9b6d35aba1a845f0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 3 Kingsway Avenue Leisure Isle 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -34.067455562318 23.063305631244

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang