Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mabalingwe Elephant Lodge

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mabalingwe Elephant Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat in Bela-Bela, Limpopo geleë. Dit is die tuiste van die Groot 5. Die lodge is sowat 1 uur se ry vanaf Pretoria en is ideaal vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.

Dié verblyf het 2 aparte eenhede, 260 A en B. Albei eenhede is oopplan en selfsorg, en bied slaapplek aan 2 gaste elk.
Daar is ’n slaaparea met 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed in elke eenheid. ’n En suite-badkamer met ’n stort in eenheid A en B, 'n toilet en wasbak en ’n leefarea met ’n slaapbank en ’n slim-TV. Daar is DSTV, Showmax, Netflix en YouTube op beperkte data beskikbaar en daarna vir gaste se rekening.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, ’n mikrogolfoond, yskas, broodrooster, koffie-en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die eenhede het elk hul eie aparte, privaat boma.

Mabalingwe Elephant Lodge is stapafstand vanaf die ontspanningsgeriewe soos die tennis- en muurbalbaan, mini-gholfbaan, swembaddens, winkel en ’n speelarea vir kinders. Dit is slegs ’n rit weg van die restaurant en kroeg af. Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing, soos wildritte, voëlkyk-ritte, die voer van leeus en perdry-safari's. Daar is koue en verhitte swembaddens op die perseel.

Mabalingwe spog met sy eie boskroeg genaamd Kalahari Oasis en dit is ’n heerlike plek waar jy ’n koue drankie kan geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 217 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Werner P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en ontspannend afhangend van wie kom kuier! Lol. Baie lekker gebly en ons gate uit geniet. Wild sommer tot op jou voorstoep. Van bokke, v...
Sien meer
Des 2024
Marc M
Saam met vriende
5.0
Great. Everything was great, clean, good location, great experience from start to finish.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Armandt P
Saam met lewensmaat
5.0
Mabalingwe wegbreek. Ons het baie lekker gebly vir die naweek. Alles wat ons nodig gehad het, was in die huisie beskikbaar.
Nov 2024
Susan B
Saam met vriende
5.0
Heerlik. Het baie lekker gebly. Baie sentraal.
Nov 2024
Michelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker naweek wegbreek. Verblyf self was fantasties. Wilde diere reg op jou voorstoep. 'n Bottel oopmaker sal 'n gawe byvoeging wees tot die anders vo...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Yolanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 217

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Elephant Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e4d487a85ee440dd721035f423af52c27bb18f0c68855c78a7d24c06675b90227e944fe850866711932a3b54a57ac0894d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 217 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve R516, Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.822157740712 28.062489263907

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang