Machaton Private Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Timbavati Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Vanaf R22 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Machaton Private Camp is ’n intieme en eksklusiewe selfsorgkamp in die bekende Timbavati Privaat Natuurreservaat. Dié kamp bied verblyf aan slegs 1 groep op ’n slag. Privaatheid is dus gewaarborg en gaste kan kwaliteittyd saam met vriende en familie deurbring.
Verblyf word in 3 individuele, luukse suites aangebied, wat so geplaas is om genoeg privaatheid te verseker. Elke suite het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, dubbelwasbak en ’n buitestort. Elke suite het ook 'n dagkamer met 'n dubbelbed en tee- en koffiemaakgeriewe en elke suite lei na ’n groot stoep met ’n plonspoel, sitplek en sonstoele waar gaste heerlik kan ontspan en die vars lug kan geniet.
Die kamp se grasdakhoofgebou beskik oor ’n sitarea, 'n gemeenskaplike kombuis, onderdakstoep en ’n plonspoel met ’n panoramiese uitsig oor die Nhlaralumi-rivier. Die kombuis is met ’n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en ’n koffiemasjien toegerus. Die sitarea het ’n versameling boeke en bordspeletjies, en beperkte WiFi is ook beskikbaar. Daar is ook ’n lieflike boma-vuurput met sitplek.
Die kamp het ’n lae elektriese heining vir veiligheid. Machaton Camp se privaat 4x4-voertuig word vir safaris gebruik en die kamp sluit 2 skoonmakers, opsigters en ’n gids in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Natalie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Timbavati Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Gaste dink Machaton Private Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vallei van die Olifante Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Timbavati Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang