Henna's House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: James Orchard-straat 17, L'Agulhas, 7286, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Henna's House is 'n selfsorghuis in L'Agulhas met 'n uitsig op die berg en oor die see en dit is ideaal vir gesinne en vriendegroepe.
Die ruim huis beskik oor 4 slaapkamers, 'n solder, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die huis het rolstoeltoegang met 'n oprit by die agterdeur en 3 slaapkamers, asook die 3 badkamers is op die grondverdieping. Die badkamers het handrelings.
Een van die kamers het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bidet, stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Twee van die kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die solderarea het 2 enkelbeddens.
Die vierde slaapkamer is in die woonstelletjie en het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die eenheid het ook 'n klein sitarea en 'n yskassie. Linne word vir al die beddens voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, konveksie mikrogolfoond, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan 'n ete by die etenstafel geniet. Daar is ook 'n skottelgoedwasser.
Die sitarea het 'n TV en 'n binnebraai. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring om DStv te kyk. Binne- en Buitebraaigeriewe is ook beskikbaar en gaste moet asb. hul eie braairooster saambring.
Henna's House is net 550 m van die see, 900 m van verskeie restaurante en 2,3 km van die mees suidelike punt van Afrika af. Gaste wat L'Agulhas besoek kan by die Quoin Point Vuurtoring en Kaap Agulhas Vuurtoringmuseum 'n draai maak, of verskeie staproetes waaronder die Spookdraairoete en Rasperpuntroete aanpak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Stefan Geverifieer
Eiendomme 39
Resensies 140
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- James Orchard-straat 17, L'Agulhas, 7286, Wes-Kaap
- Gaste dink Henna's House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: James Orchard-straat 17, L'Agulhas, 7286, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang