Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Magari Safari Villa

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Muisvogelkraal 654LR, Jembisa Wildreservaat, Vaalwater, 0541, Limpopo
  • Tydelik onbeskikbaar

Beskrywing

Magari Safari Villa is 'n mooi boetieksafari-villa in die privaat Jembisa Wildreservaat in die hartjie van die Waterberge. Magari bied ongelooflike uitsigte oor die Palalarivier, die savanna en die berge.

Dié klein en intieme lodge is geskik vir klein groepe, gesinne, eksklusiewe geleenthede, privaat besprekings of 'n romantiese safari-troue. Gaste het hiér die geleentheid om die bosveld in al sy prag te ervaar en volkome uit te rus en ontspan.

Die Magari Safari Villa het slaapplek vir 10 tot 12 gaste in 6 kamers. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens wat met perkallinne oorgetrek is. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer en japonne en toiletware word voorsien. Twee van die kamers het elk 'n buitestort met 'n ongelooflike uitsig. Drie van die kamers het elk 'n dek wat oor die vallei en op die berge uitkyk. WiFi is in al die kamers beskikbaar.

Die hooflodge het 'n ruim kombuis-, eet-, en sitarea. Daar is ook 'n dek met 'n dak en 'n tafel met stoele waar etes geniet kan word. Al die etes word deur die sjef voorberei. Die lodge het ook 'n boma waar gaste heerlik om 'n kampvuur kan sit. Daar is ook 'n swembad met 'n terras wat perfek is vir sonbaai en die uitsig geniet.

Magari is ook perfek vir 'n intieme troue. Elke troue word uniek saamgestel ná 'n konsultasie met die bruidspaar. Die seremonie kan enige plek in of om die lodge en op die reservaat geskied.

Daar is verskeie doendinge vir alle ouderdomme beskikbaar soos dag- en aandwildritte, begeleide voetslaanroetes in die bos, kampeer onder die sterre, spoorsny-programme vir tieners, kunsvlieghengel, die Boesmantekeninge en Ystertydperk-bestemmings besoek, of 'n massering in die spa kry. Gaste kan ook gaan draf, bergfietsry of voetslaan in die reservaat.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Jane Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 49

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Muisvogelkraal 654LR, Jembisa Wildreservaat, Vaalwater, 0541, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Muisvogelkraal 654LR, Jembisa Wildreservaat, Vaalwater, 0541, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd28cf31d39d84b43be17d3f979421330606a74592a69f2d7fd5c29857f7bbcd5f8c80a5d2f54bc7aad7de86df54bf239b271?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
Farm Muisvogelkraal 654LR Jembisa Game Reserve 0541 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -23.952708859774 28.400799595072

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang