Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Malome Kruger View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pofadderstraat 2659, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 420 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Malome Kruger View is 'n pragtig ingerigte selfsorgvakansiehuis in Marlothpark en is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinswegbreek met maklike toegang tot die Krugerwildtuin.

Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Die kombuis het ook 'n toonbank met stoele, 'n ysmaker, wasmasjien en skottelgoedwasser. Langs die kombuis is daar 'n gemeubileerde sitarea met lugversorging en 'n slim-TV met stroomdienste. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is veilige parkeerplek.

Buite is daar 'n onderdakstoep 'n ingeboude braai, houtvuur-pizza-oond, 'n etenstafel met sitplek vir 6 en gemaklike meubels. Die stoep bied 'n uitsig oor die swembad en omliggende inheemse bome wat 'n verskeidenheid voëllewe lok. Bosbokke, koedoes, sebras, vlakvarke, blouwildebeeste en kameelperde word gereeld rondom die verblyf gesien.

Marlothpark bied talle restaurante, die Bosveld Atlantis Waterpark en verskeie winkels.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad

Ligging

  • Pofadderstraat 2659, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 420
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 420
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pofadderstraat 2659, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47470f5064aab5c8839fde44cfef65e5d37aedd2c0a3d915883f2b8bc187a909560a15cf47e1168dc583300dc9d03d973b3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 420 per nag (plek vir 6) 2659 Pofadder Straat Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.345294148063 31.787039173016

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang