Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marcuskraal Chalets

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marcuskraal, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Marcuskraal Chalets is op 'n sitrusplaas in die hartjie van die Olifantsriviervallei geleë. Met tariewe wat gemik is op die plaaslike mark, bied Marcuskraal 'n bekostigbare naweekwegbreek vir persone wat die pragtige Sederberg- en Weskusstreek wil ontdek.

Let asb. daarop dat daar 2 tipes verblyf is en slegs 4 chalets het 'n Jacuzzi.

Verblyf is beskikbaar in 6 luukse kamers met 'n kombuisie, braai op die stoep en geen Jacuzzi. Daar is ook 4 chalets met gerieflike beddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n binnebraai, stoep en Jacuzzi.

Gaste het toegang tot 'n swembad wat sowat 50 m van die chalets af is.

Marcuskraal Chalets is ongeveer 20 km van Citrusdal af en is 2 uur se ry van Kaapstad af. Die ligging maak dit ideaal vir naweekbesoekers op soek na ontvlugting uit die stad maar wat nie 'n groot gedeelte van die naweek agter die stuur wil spandeer nie. Dit is ook ideaal vir diegene wat op reis is tussen die Kaap en Namibië. Ons is net 1,5 km van die N7 af en daar is 'n teerpad van die N7 af tot op die plaas.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 219 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Roelien V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige ligging. Netjies en skoon. Vriendelik en behulpsaam. Baie lekker gebly. Sien sterre.
Sep 2024
Anthony B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was rustig, veilig en baie skoon met vriendelike diens. Baie lekker en vriendelik en veilig. Lekker gebraai met hout van gastehuis.
Aug 2024
Chereen W
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike wegbreek. Baie nice huis met alles wat jy nodig het. Netjies en skoon.
Aug 2024
Simone L
Saam met vriende
5.0
Wonderlik. Ons het baie lekker gebly. Baie dankie, en die diens was baie goed. Baie dankie. Sal weer kom kuier.
Jul 2024
Marelie L
Saam met vriende
5.0
Baie lekker ontspannend. Ons het ongelooflik lekker gebly en sal vir seker weer soontoe gaan. Die jacuzzi is 'n wenner, selfs al reën dit.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Krisjan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 272

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Marcuskraal, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Gaste dink Marcuskraal Chalets het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marcuskraal, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyYjMxMjgzLTBjZjEtNGI1MC1iODc2LWUyZDY4YzJjY2UyYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 219 5 1 5 Marcuskraal Citrusdal 7340 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.439533193189 18.942712934577

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang