Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mbumbulu Bush Camp

Kampeer/karavaan

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Sunè V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Met Ys ja! Ons het baie lekker gebly. Die staff Minoney, Gerrie en die groot baas het regtig uit hul pad gegaan om ons tuis te laat voel. Als skoon en netjies en dis baie veilig. Dis 'n boskamp so as jy nie 'n bush baby is nie, bly maar tuis. Onthou die kamp hardloop met solar, so as daar nie son is nie, moet nie kla nie, 'n koue stort is beter as geen stort nie. Die prawns by die bar was uitstekend. Daar is ys, hout en drankies beskikbaar by die bar. Sein beskikbaar in sekere areas. (My glad nie gehinner nie) Die strand is lekker naby en baie veilig, baie sanderige sy paatjies om die 4x4 ouens besig te hou. What an adventure Philp and Sunè!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anita R
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Pragtige plek met baie vriendelike mense om jou te verwelkom. Pragtige plek met baie vriendelike mense. Die diens is uitstekend en ek is baie welkom laat voel. Die plek is baie skoon en netjies, en die tuine is ongelooflik mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nico
Mbumbulu Bush Camp
Baie bly jy het ons stukkie paradys geniet. Kom weer!

Kaylene O
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Beautiful. It was brilliant. They went above and beyond to make us feel at home and really just gave such a personal touch to the service.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nico
Mbumbulu Bush Camp
Thank you for your nice review! Please come again soon!

Marika V
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Jan 2021

Lekker rustig, netjies. Ons het 'n lekker staanplek gehad met baie koelte. Die mense is baie vriendelik en hulpvaardig, en die ablusieblokke word elke oggend goed skoon gemaak. Goeie ligging tussen mooi ongerepte strande, maar mens benodig beslis 'n 4x4 (2x4 sukkel op die los sand duine). My enigste "klagte" is dat die ablusiedeure redelike groot skrefies het waardeur mens maklik kan sien, dit het my ongemaklik laat voel.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Nico
Mbumbulu Bush Camp
Jammer om te hoor, ons het dit reggestel.

Johnny W
Kort verblyf Gesin met tieners
3.6
Des 2020

Baie lekker. Gees in die kamp was baie goed. Net gesukkel om by die strand uit te kom. Kaarte en verduidelikings was maar swak en om met Google Maps te ry werk nie. Die kamp self was baie lekker.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Nico
Mbumbulu Bush Camp
Om by die naaste strand uit te kom, is dood eenvoudig. Mens draai regs by die kamp uit en ry net reguit aan tot by Isimangoliso se permit kantoor. Verg nie eintlik adrykskunde hoër graad nie, net 'n kennis van links, regs en reguit. Na die mooi strande soos Black Rock en Dog Point, meer noord na Kosibaai is bietjie deurmekaar. Dit is Zululand en die kamp is in die middel van die bos. Zululand, Parkeraad en Isimangaliso is nou nie juis bekend vir diens nie, maar die kaarte beskikbaar gee jou 'n redelike idee. Daar is duisende paadjies uitgery deur die lokale mense uit alle rigtings, wat mens bietjie deurmekaar maak, maar as jy bietjie kennis het van oos en wes, kom mens tog daar uit. Baie mense verdwaal nog steeds, maar hulle beskou dit as 'n ekspidisie en lag daaroor as hulle terug is in die kamp. So leer jy die area ken. Wat ek voorstel: 80% van die mense wat hier kom, is al soos familie. Hulle is hulpvaardig en die nuwe mense ry maar saam met die manne die eerste keer na al die plekke. Selfs die mense wat nie 4x4 voertuie het nie, ry saam, kuier en help mekaar as hulle vassit. Na 'n paar keer ry, meeste van die 4x2 manne op hul eie sonder om vas te sit......... Ons het al probeer kaarte teken, maar dit is onmoontlik, want elke dag is daar basies 'n nuwe pad om jou op 'n dwaalspoor te sit. Mens kan nie eers die paaie op Google Maps sien nie; dit is te bebos. Ons probeer ons bes om mense reg te verduidelik; 90% van die mense kry die paaie darem. Jammer om te hoor van jou ondervinding, maar ons probeer ons bes. Dankie. Nico

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R 320
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 320
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 205 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die D1850, Isimangaliso Coastal Wetland Forest, Manzengwenya-plantasie, 3973, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjLPqtBoqEGmyBmPMPaC5QNq8VD6RQ61OgvngJXqZOHR7iosW8z?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R320 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Off the D1850 Road Isimangaliso Coastal Wetland Forest 3973 KwaZulu-Natal 021 201 8901 11:00-19:00 10:00 -27.24295121892 32.720220008543

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang