Meerlust
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Meerlust is 'n plaasstyl-selfsorghuis wat ideaal geleë is sowat 30 km voor Graaff-Reinet as jy van Middelburg af kom. Dié eenheid spog met pragtige berg- en vallei-uitsigte en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n afgesonderde vakansie.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed. Die ander slaapkamers is elk ingerig met 2 driekwartbeddens. Die ander badkamer is toegerus met 'n bad, stort, toilet en wasbak, en word gedeel deur gaste. Hierdie eenheid het ook 'n gastetoilet buite. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, en eetgerei en breekware. Die sitarea is ingerig met 'n gerieflike sitkamerstel. Die eetarea is ingerig met 'n etenstafel met 8 stoele en 'n kaggel. Toegang tot gratis Wi-Fi is beskikbaar, maar dit is nie altyd 100% gewaarborg nie.
Gaste het toegang tot 'n groot patio met gemaklike buitemeubels wat spog met pragtige uitsigte oor die berge, die vallei en die swembadarea. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Heerlike komplimentêre roosterkoeke word aan gaste bedien. Botter, heuning, melk, sap, 'n verskeidenheid koffie en tee, asook 'n persoonlike bederf, is ingesluit. Charlotte Rhys seep, sjampoe en lyfroom word voorsien. 2 sakke vuurmaakhout word voorsien en ekstra hout is beskikbaar op die perseel teen 'n ekstra koste. Skoonmaakdienste is beskikbaar teen 'n ekstra koste.
Neem asseblief kennis dat Meerlust 'n werkende plaas is en sonkrag gebruik. Die huis word dus nie deur beurtkrag geraak nie, maar sonkrag is nie 'n onuitputlike bron nie en gaste moet asseblief die krag en water spaarsamig gebruik.
Neem asseblief kennis dat 'n grondpad van 12 km na Meerlust lei.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Kinderbedjie
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Zelda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink Meerlust het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang