Meerlust
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Meerlust is 'n plaasstyl-selfsorghuis 30 km voor Graaff-Reinet soos 'n mens van Middelburg se kant af kom. Die huis bied 'n beeldskone uitsig op die berge en oor die vallei en dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige vakansie.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die ander slaapkamers het elkeen 2 driekwartbeddens. Die gaste in dié slaapkamers deel die ander badkamer wat 'n bad, stort, toilet, en 'n wasbak het. Buite het die eenheid het ook 'n aparte toilet. Alle linne en badhanddoeke word verskaf, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuisarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar, maar nie altyd 100% gewaarborg nie.
Gaste het toegang tot 'n groot stoep met gemaklike stoepmeubels en 'n asemrowende uitsig op die berge en oor die vallei en die swembadarea. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Heerlike roosterkoeke word gratis aan gaste bedien. Botter, heuning, melk, sap, 'n verskeidenheid koffies en tee, asook 'n persoonlike bederfie is ingesluit. Charlotte Rhys seep, sjampoe en lyfroom word voorsien. 2 sakke vuurmaakhout word voorsien en ekstra hout is teen 'n ekstra koste op die perseel beskikbaar. Skoonmaakdienste is teen 'n addisionele koste beskikbaar.
Neem asb. kennis dat Meerlust 'n plaas is en van sonkrag gebruik maak. Die huis word dus nie deur beurtkrag geraak nie, maar sonkrag is nie 'n onuitputbare bron nie en gaste moet asb. spaarsamig met die krag en water werk.
Let asb. dat 'n grondpad van 12 km na Meerlust lei.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Kinderbedjie
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Zelda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink Meerlust het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang