Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meyerspoort

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Donnie E
1 nag Saam met vriende
5.0
Jun 2024

Salig en baie ontspannend. Wonderlike plek, salig en net soos 'n wegbreek moet wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Baie dankie Donnie, julle is meer as welkom om weer van ons akkommodasie gebruik te maak. Dankie dat julle die huis so netjies gelos het! Groete, Meyerspoort.

Dirk L
1 nag Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Rustig, skoon, netjies en goed ingerig. Ons was ongelukkig baie kort daar, sou graag langer wou bly. Huis is ruim, goed ingerig, skoon en netjies. Baie mooi, stil en rustige omgewing. Lekker groot stoep amper reg rondom die huis met braaigeriewe. Kan regtig lekker bly en ontspan hier. Ons het bietjie teespoed gehad en die gasheer het sy tyd opgeoffer om ons te help. Bietjie af van die hoofpad af, maar dis juis wat dit so besonders maak, vat maar die paar minute ekstra en ry Meyerspoort toe. 5 uit 5 vir die mooi huisie in die Karoo.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Baie dankie, Dirk, vir die mooi terugvoering. Ons is bly julle vind ons plek gerieflik. Ons sien uit na julle volgende besoek, waarderende gaste maak dit vir ons ook makliker. Ons help graag as daar hulp benodig word.

Henk K
1 nag
5.0
Des 2023

Skoon en netjies, lekker gebly. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Dankie vir die vyfster gradering, Henk. Ons is bly dat julle dit geniet het en julle is welkom om weer te kom. Voorspoedige 2024 vir julle.

Kobus H
1 nag Gesin met tieners
4.8
Jan 2023

Dit was lekker, plaasgevoel, rustigheid, uitstekende rus. Ons het dit baie geniet, die huis is baie skoon en het 'n heerlike nagrus gehad. Weereens baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Dankie Kobus, ons is bly julle het dit geniet. Dis altyd lekker om nuwe mense te ontmoet.

Harold G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2023

Wet in the Karoo. Excellent and peaceful. Great place to stay if you want to be away. Rained every day and was cool. Hosts are extremely friendly.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Harold, I am glad you enjoyed your stay. it was a pleasure having you on the farm. We hope you will have a wonderful 2023.

Theuns B
1 nag Gesin met tieners
4.4
Des 2023

Waarde. Wat 'n voorreg om oor te bly op so 'n juweel van 'n plek. Dis uit die dorp uit, maar dis die moeite werd! Hulle is baie gasvry en vriendelik. Die beddens is nuut en van goeie gehalte. Dit is altyd belangrik vir 'n goeie nagrus na 'n lang dag se bestuur. Kan hulle definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Deidre L
1 nag Saam met vriende
4.2
Des 2023

Pleasant. Directions a bit mixed up. Got lost and had a great adventure. Should guide on which turn off depending on travelling direction. For example, travelling from JHB, then take the N12 turn off.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melodi V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2022

Absoluut stunning. Plek is stunning. Eienaars is ongelooflike mense. Ek sal beslis weer soontoe gaan en hul aanbeveel. Absoluut stunning verby.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Melodi, baie baie dankie vir jou terugvoering. Ons sien daarna uit om julle weer hier te ontvang. Die mooi reën in die Karoo het ons almal se harte so goed gedoen.

Jane Z
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2022

Wonderlike verblyf. Skoon, ruim, netjiese plek met baie vriendelike gasheer en -vrou. Meyerspoort is op 'n baie spesiale plaas geleë. Dit is regtig 'n mooi omgewing en die gasheer en -vrou doen baie moeite om dit vir die gaste spesiaal en lekker te maak. Die akkommodasie self is lieflik. Dit is netjies, skoon, ruim met gemaklike beddens en alles wat jy nodig het. Ons sal dit hoogs aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Baie dankie vir die mooi woorde, ons sal julle graag weer op die plaas wil verwelkom. Dis lekker om te hoor dat ons gaste dit hier geniet.

Ignatius V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2022

Perfekte plek. Pragtige ligging, baie lekker gebly. Sal dit vir seker aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Attie
Meyerspoort
Ek is bly julle het dit geniet, kom gerus weer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Attie Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 211

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R2 860
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R2 860
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meyerspoort Plaas, Karoo, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb301dBpoB2LUYw8QhZKLbxoVfwoTvPRmyhqYMXjYy5GVJF4Cgb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 860 per nag, vir 8 mense 38 5 1 5 Meyerspoort Farm Karoo 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -32.675277777778 22.448611111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang