Milkwood Safari Lodge
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R600 skoonmaakfooi per bespreking.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 20% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Hierdie aanbod is altyd geldig. Dié aanbod is slegs vir pensioenarisse beskikbaar. B’s&V’s geld.
Kry 15% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 2-lede.
Nie geldig vir verblyf vanaf: 10 Dec 2024 tot 08 Jan 2025 en 20 Mar 2025 to 18 Apr 2025.
Kry 10% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 1-lede.
Nie geldig vir verblyf vanaf: 10 Dec 2024 tot 08 Jan 2025 en 20 Mar 2025 to 18 Apr 2025.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R3000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Skoonmaakdienste is op versoek en teen ’n ekstra koste per diens beskikbaar.
Die koste van enige breekskade of skade vanweë nalatigheid deur gaste wat meer beloop as die breekskadedeposito, sal gaste se verantwoordelikheid wees.
Die breekskadedeposito's sal 5 tot 7 dae ná uitklok terugbetaal word. Dit is die gas se verantwoordelikheid om ons van bankbesonderhede vir die terugbetaling te voorsien.
Partytjies en geraas na 22:00 word nie toegelaat nie. Gedurende die dag moet musiek slegs vir gaste se eie ore gespeel word.
’n Wildkykvoertuig is op versoek en met vooraf reëling beskikbaar, teen ’n ekstra koste per dag.
Vullis moet in die lodge of dromme wat voorsien word gehou word, en vullis sal verwyder word wanneer skoonmaakdienste bespreek word.
Moet asb. nie die meubels rondskuif nie, behalwe vir die opvoustoele en sonstoele. Dit beskadig die dek.
Sit asb. eetgerei en breekware terug in die lodge voordat daar geslaap word en voordat daar vertrek word.
Al die deure en vensters moet toe wees wanneer gaste nie in die lodge is nie.
Al die vensters moet toe wees en die deure gesluit wees wanneer daar vertrek word.
Die lodge se sleutels moet nie van die perseel verwyder word nie, en moet in die sleutelboks toegesluit word, selfs as gaste net op ’n wildrit gaan.
Vuur word slegs in die aangewese areas toegelaat; die braai en boma.
Vuurmaakhout vir die boma en braai-area kan vooraf bestel word om by die lodge afgelewer te word, teen ’n ekstra koste per sak.
Vuurmaakhout mag nie in die veld opgetel word nie.
Bierbottels, doppies, sigaretstompies ens. wat in die veld gegooi word beloop ’n boete van R500.
Enige skade vanweë gaste wat nie die reëls nakom nie, sal direk vir gaste se rekening wees.
Sommige paaie in die reservaat is nie geteer nie en dit word aanbeveel dat ’n voertuig met ’n hoë grondvryhoogte sover moontlik gebruik word.
Neem asb. kennis dat die bepalings en voorwaardes wat deur die bestuurder/s voorsien word, aanvaar moet word wanneer die bespreking gemaak word.
Reëls wat nie nagekom word nie kan tot ’n boete van R7000 lei, of gaste sal gevra word om Mabalingwe Natuurreservaat te verlaat.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0840, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang