Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mist of Gold

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Giraffe-singel 111, Hoedspruit, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mist of Gold het 'n bekoorlike, natuurlike ligging in die hartjie van Hoedspruit (Limpopo) en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wegbreekplek waar hulle steeds 'n ware Afrika-ervaring kan beleef. Daar is 7 houthuise wat in 'n rustige tuin geleë is. Die eienaars is op die perseel in hul huis woonagtig en gaste het toegang tot die houthuisies van die straat af.

Ons bied toegeruste houthuise met al die basiese geriewe en alles wat jy vir oornagverblyf mag nodig kry. Daar is braaigeriewe, 'n kluis en veilige parkeerplek. Alle akkommodasie het lugversorging. Handdoeke en beddegoed word voorsien. Daar is 'n daaglikse skoonmaakdiens. Die houthuisies beskik oor 'n yskas, satelliet-TV en lugversorging. Die selfsorg-huisies het kombuisies.

Hoedspruit is in die Olifantsvallei in Limpopo-provinsie geleë wat aan Mpumalanga grens. Ons is ook deel van die Laeveld Legogote net 'n klipgooi weg van die majestueuse Drakensbergreeks met die asemrowende Panorama en Blyderivierspoort op ons drumpel. Mist of Gold is 'n klipggooi weg van die Krugerwildtuin se Orpen-hek of Phalaborwa-hek en al die prag van die Limpopo- en Mpumalanga-Laeveld.

Mist of Gold bied bekostigbare groepsverblyf met 'n goeie prys vir plaaslike en oorsese besoekers.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 96 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
3.8
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Megan M
5.0
Lekker, rustig. Ons het baie lekker gebly. Die omgewing was stil en mooi.
Jun 2024
Suezette L
Besigheidsreis
5.0
Very pleasant. Will stay there again. Loved the quality of the bed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Lireze G
5.0
Rustig, gerieflik en mooi. Sien sterre.
Aug 2023
Rudi T
5.0
Ek was baie gemaklik, dankie. Was daar vir werksdoeleindes, so die plekkie was perfek.
Mrt 2023
Lelanie B
Besigheidsreis
5.0
Alles wat mens nodig het om te rus na 'n lang dag op kantoor. Alles wat mens nodig het na 'n lang dag op kantoor.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Joan & Mark Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 96

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Giraffe-singel 111, Hoedspruit, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Mist of Gold het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Giraffe-singel 111, Hoedspruit, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc3bd828af679d95e0f478f1409465cd2f5e6cf2f523b3d66aa7dbb824896b7aba98fb52590874b72d9ec1b3138b3f40b984?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 96 5 1 5 111 Giraffe Cresent Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -24.357098163551 30.945533215999

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang