Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mitat Gastehuis

Gastehuis
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 48, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 R810 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mitat Gastehuis bied oornagverblyf aan 6 gaste op die eienaar se perseel in die hartjie van Beaufort-Wes.

Kamer 1 het slaapplek vir 1 tot 2 gaste en Eenheid 2 het slaapplek vir 1 tot 4 gaste. Elke eenheid het toegang tot hul eie privaat geriewe en 'n aparte ingang.

Kamer 1 het sy eie privaat ingang, en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Dit bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is lugversorging en genoeg kasspasie vir bagasie. Die badkamer het 'n stort, bad en wasbak, en daar is 'n aparte toilet.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi in.

'n Skuifdeur lei na 'n houtdek met 'n tafel en 2 stoele.

Eenheid 2 het slaapplek vir 1 tot 4 gaste, en word eksklusief verhuur. Dit het 'n aparte, privaat ingang. Die eenheid het 2 aparte slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het. Elke kamer het ook 'n kas, 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi. Die ruim badkamer het 'n stort, wasbak en aparte toilet.

Die kombuisie in die eenheid is met 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Daar is ook 'n onderdakstoep waar opwasgeriewe, 'n yskassie en mikrogolfoond met 'n houtbankie met sitplek vir 6 beskikbaar is. Eetgerei en breekware word voorsien.

Gaste kan ook van die braaigeriewe gebruikmaak, en het toegang tot veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 121 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Attie O
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het lekker rustig ontspan. Baie vriendelike gasvrou. Ons het baie lekker gebly. Baie netjies en gerieflik.
Feb 2025
Sarel J
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjies, waarde vir geld. Ek kan met vrymoedigheid Mitat Gastehuis aan enige iemand aanbeveel. Dit is sekerlik die beste oornagverblyf wat ons ...
Sien meer
Jan 2025
Jj V
Saam met lewensmaat
5.0
Vir seker sal ons weer hier oornag. Dit was baie lekker. Sommer baie lekker ge oornag. Was en is regtig waarde vir geld gewees.
Jan 2025
Jacqueline L
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely stay. Lovely stay, quiet and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Mercia S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Ons het baie lekker gebly. Die eenheid was groter as verwag. Hulle het vir ons eetgoedjies in die yskas gebêre vir ontbyt, wat baie gaaf ...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 121

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 48, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mitat Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 48, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb12019bc668eeabf264036a9304bd7c7ebca67e769b00ddffcb0766e7d8c143dcbf1d3de972c272a9db341ac60ddab43dbf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R810 per nag, vir 2 mense 121 5 1 5 48 Voortrekker Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -32.352727387907 22.594653140367

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang