Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Morgenzon

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naauwpoortstraat 444/1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R5 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Morgenzon is 'n luukse selfsorg-gesinshuis in die prentjiemooi Swartlandarea in Clarens. Dit is ver genoeg van die middedorp dat gaste die rus en vrede waarvoor Clarens bekend is, kan geniet en tog ver genoeg, sowat 10 minute se stap, vanaf die dorpsplein waar al die restaurante, winkels en galerye is. Die huis is ideaal vir naweekwegbreke of langer verblyf.

Morgenzon bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Hierdie kamer lei na 'n stoep met 'n pragtige uitsig op die berge. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die solderkamer op die boonste verdieping bied 'n uitsig oor die sitarea en het 2 driekwartbeddens. Gaste in hierdie 3 slaapkamers deel 'n tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. 'n Aparte toilet is beskikbaar.

Die kombuis is met graniettoonbanke en moderne toestelle, 'n gasstoof, elektriese oond, 2 yskas-vrieskaste, ketel, koffiemasien, lugbraaier, broodbakmasjien , ysmasjien, 'n broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die huis het ook 'n wasmasjien. Morgenzon is ontwerp met gerief en ontspanning in gedagte. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Die oopplan-eetarea en -sitarea het 'n kaggel en lei na 'n toegeboude stoep met 'n binnebraai. Die stoep se groot vensters laat gaste toe om 180 grade-uitsigte op die Rooiberge wat hierdie deel van Clarens omring, te geniet.

Indien gaste buite wil braai gedurende die dag of op mooi someraande langs die pragtige swembad is 'n draagbare Weber-braai, asook 'n gasbraai beskikbaar. Op koue aande is daar ook 'n binneshuise braai-area. Let asb. dat die swembad nie omhein is nie. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 13 resensies vir Morgenzon
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Eloïse Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 95

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Naauwpoortstraat 444/1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Morgenzon het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R5 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naauwpoortstraat 444/1, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA348214ade3b375c90030ac0f7e7bc9649884a7afb50f54414157666e026189db05d4624855eabc7555a46401946e1ef342b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 900 per nag (plek vir 8) 13 5 1 5 444/1 Naauwpoort Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.510193417949 28.420647529198

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang