Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mosselberg on Grotto Beach

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Straat 253A, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 676 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Mosselberg on Grotto Beach is 'n 5-ster boetiek-villa wat in Hermanus in die Wes-Kaap geleë is. Dit is die perfekte wegbreekplek vir gaste wat op soek is na stylvolle akkommodasie en warm gasvryheid na aan 'n verskeidenheid doendinge.

Die akkommodasie by Mosselberg on Grotto Beach bestaan uit 5 suites wat elk beskik oor sy eie ingang en 'n seefrontende balkon waarvandaan jy kan kyk hoe die walvisse van Junie tot November in die see baljaar. Hierdie suites het elk 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, wasbak en toilet. Die geriewe in hierdie luuks ingerigte kamers sluit in 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale, ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings.

Gaste kan 'n smullekker Kontinentale of Engelse ontbyt geniet wat in die eetarea of op die veranda bedien word. Die gastehuis maak ook voorsiening vir vegetariërs en gaste met spesiale dieetversoeke.

Mosselberg het ook 'n verhitte swembad met stoepmeubels en 'n vermaakarea met 'n pooltafel en bordspeletjies. Verder kan gaste ook kies om te ontspan of lekker te lees in die biblioteek. Daar is ook 'n kroeg waar gaste verskeie drankies kan geniet.

Daar is veilige parkeerplek beskikbaar vir voertuie en die gastehuis is minder as 1 minuut se stap van die Grotto Beach Blouvlagstrand af. Dis ook net 'n paar minute se ry vanaf 'n hele rits doendinge en besienswaardighede, soos bergfietsroetes, staproetes, Hermanus-gholfbaan, restaurante en winkels, Fernkloof Natuurreservaat en baie meer.

Kenmerke

Gratis WiFi

Geriewe

  • Wasgoeddiens
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.3
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 10de Straat 253A, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mosselberg on Grotto Beach het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 676
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 676
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Straat 253A, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJhYTJhZDFiLTA3NGUtNGY2NC1hZTIwLTBjMDQ1ZDkxZTdmYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 676 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 253A 10th Street Voelklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.413415459178 19.29259032011

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang