Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Mountain View Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: C55, Verbypad (R602, Glencoe, 2930, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 060 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Mountain View Guest House is omring deur netjiese grasperke wat grens aan die ruim graslande met 'n pragtige uitsig oor die Biggarsberge. Jy kan omtrent uit elke venster van die grasieuse plaashuis die asemrowende uitsig oor Endumeni- en die Mpati-pieke geniet.

Elkeen van die 5 luukse kamers lei na die ruim stoep wat om die huis strek. Laat die varsheid, vrede en rustigheid van die platteland jou siel verkwik. Die ingang na die gastehuis het elektriese hekke en heinings wat sekuriteit en veiligheid bied. Elke en suite-kamer het 'n platskerm-TV, lugversorger, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi met 'n koeponstelsel. Elke kamer spog ook met 'n privaat ingang en 'n heerlike stoep vanwaar jy die mooiste uitsigte kan geniet. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak, toilet en lekker sagte handdoeke.

Ons het 'n paar diere op die plaasstyl-perseel wat in die grasvelde wei. Daar is ook 25 emoes wat oorspronklik van Australië af kom. Hulle word selde op ander plekke gewaar. Die voëls lyk baie soos volstruise, net 'n bietjie kleiner. Hulle kan nie vlieg nie en hou daarvan om naby aan die heining te bly waar julle graag hulle nekke strek om enige menslike bewegings dop te hou. Die mak voëls is baie nuuskierig en loop baie naby mense wat die kamp binnegaan. Donkies en ponies wandel rustig rond en eende kruip in die lang gras weg of plons in die dammetjie rond.

Mountain View Guest House is naby aan Glencoe (omtrent 2 km) op die hoofroete tussen Ladismith en Dundee (omtrent 7 km). Dit is sentraal en gerieflik geleë vir sakereisigers en toeriste wat opsoek is na verskeie historiese besienswaardighede op die Slagveld-roete.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Nico E
5.0
Sal weer daar bly. Baie lekker. Baie lekker gebly daar.
Feb 2025
Amelia R
Gesin met tieners
5.0
Vriendelikste diens en lekker ontbyt. Waarde vir geld, lekker rustige atmosfeer. Sal beslis aanbeveel.
Jul 2024
Roe W
Saam met lewensmaat
4.8
Sal weer hier bly! Het baie lekker gebly. Het laat aand ingeklok en is steeds baie vriendelik ontmoet. Diens was uitstekend. Ontbyt was ook uit die bo...
Sien meer
Okt 2024
Paul C
Saam met vriende
4.8
Very good. Very good, friendly, good service, location and views.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Len E
Saam met lewensmaat
4.8
Gasvrye diens. Net buite die dorp met stilte en 'n rustige atmosfeer. Uitsonderlike uitsig oor grasvlaktes en die Endumeni-berg. Die hoofpad naby se g...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Pina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • C55, Verbypad (R602, Glencoe, 2930, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Mountain View Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 060
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 060
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: C55, Verbypad (R602, Glencoe, 2930, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlkOGM4ZTkwLTI0YjMtNDQ4ZS1hMzA0LWFhNmM1OGMxNDFmNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 060 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 C55, By-Pass Road (R602) Glencoe 2930 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.170468 30.181825

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456