Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nantes-vue Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Millstraat 56, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nantes-vue is 'n lieflike gastehuis wat onlangs opgeknap is en is in Paarl se geskiedkundige Millstraat geleë. Die ligging is ideaal - naby Kaapstad, die Kaapse Wynlande en verskeie spoggerige gholfbane. Die dorpie Paarl is boonop die beginpunt van die beroemde Roete 62.

Die eiendom kan as 'n geheel bespreek word, dit sluit die solderkamer in met slaapplek vir 8 en die 5 kamers onder.

Nantes-vue Guest House het 5 en suite-slaapkamers is ruim, met hoë plafonne wat kenmerkend is van die ou Kaap-Hollandse boustyl. Elke kamer het lugversorging en ’n privaat ingang. Een van die kamers is 'n oulike tuinkothuis wat geskik is vir gesinne. Verder het elke kamer 'n LCD-TV met DStv, Netflix en WiFi van 150 MB. Elke kamer het 'n sitarea en het komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, beskuit, 'n Espresso-masjien, kapsules, water en melk.

Die gastehuis is stylvol ingerig en beskik oor 'n eetarea met 'n kaggel wat 'n warm atmosfeer skep. Saans kan gaste heerlik by die kaggel agteroorsit met 'n boek. Daar is WiFi in die gemeenskaplike areas. Die hele gastehuis het WiFi.

'n Gang lei vanaf die huis se ingang na 'n privaat tuin met 'n plonspoel en gazebo. Verder is daar 'n houtdek waar gaste die heerlike Suid-Afrikaanse sonskyn kan geniet.

Die gastehuis is ook ideaal vir 'n konferensie wat teen ekstra koste gereël kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 138 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Debora K
5.0
Skoon, goed toegerus, goeie ligging, goeie prys en sorgsame gasvrou. Baie gerieflike verblyf - Oupa en Ouma, seun en skoondogter en kosbare kleinkind ...
Sien meer
Sep 2024
Lynne R
5.0
What a gem! I will definitely bookmark this guest house for my next visit! Spacious room. Cozy retreat from the wet and windy weather i...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Chantelle T
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, natuurlik en ontspannend. Absolutely beautiful, veilig en 'n tuiste!
Aug 2024
Lizelle E
Gesin met tieners
5.0
Fantasties en beslis aanbeveelbaar! Ons tweede keer by Nantes-vue en ons sal beslis weer gaan. Baie dankie Shani en span!
Jun 2024
Carol V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker, lekker. Baie lekker gebly en die gasvryheid van die gasheer was uitstekend. Ons sal binnekort weer daar oor slaap.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Shani Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 138

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Millstraat 56, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nantes-vue Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R980
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R980
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Millstraat 56, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAC68RFntWGYl5qUKi1Gtxir6zc4NW6mRcxIhs4C7iNctXdCVTcJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag, vir 2 mense 138 5 1 5 56 Mill street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.730461463617 18.958372737434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang