Neptune
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Neptunes-rylaan 16, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
-
Vanaf
R950R665 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Neptune is 'n heerlike selfsorgeenheid met 'n privaat ingang en deel van die hoofhuis in die hartjie van Gordonsbaai. Dit is 'n rustige toevlugsoord vir oornaggaste wat die dorp en omliggende gebiede wil verken. Daar is ongelukkig nie n tuin waar die gaste kan ontspan nie. Dit is net die eenheid, Parkeer area en braai area.
Die oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaaparea en 'n leefarea met 'n etenstafel en 'n kombuisie. Die slaaparea het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook n Slim TV waar jy jou gunstelling programme op jou foon kan stroom na die TV.
Die kombuisie is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, broodrooster, tweeplaatstoof en 'n ketel toegerus. Al die basiese kombuis benodighede is in die eenheid. Braaigeriewe is op versoek beskikbaar en veilige parkeerplek is agter 'n toesluithek op die perseel beskikbaar. Let wel die parkeer area is makliker toegangbaar as jy n kleinerige motor bestuur. Bakkies kan en het al daar parkeer maar dit hang van jou bestuursvernuf af.
Neptune is naby plaaslike winkels en restaurante geleë. Gordonsbaai se hoofstrand net 1,8 km ver, en gaste kan nabygeleë wynplase en botaniese tuine verken.
Ons as eienaars probeer ons bes om al ons gaste tuis te laat voel.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
MONICA Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Neptunes-rylaan 16, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Neptune het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Neptunes-rylaan 16, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang