Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nerf-af Cottage and Rooms

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosplasie-singel 14, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R895 R761 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nerf-Af Kamers en Kothuis bied luukse verblyf in Onrusrivier, 'n kusdorpie in die prentjiemooi Overberg. Die Kothuis is ideaal vir 'n gesin. Onrusrivier is net 'n paar minute van Hermanus af tussen berge, riviere, strandmere en die turkooisblou-oseaan en is naby die bekende Hemel-en-Aarde-vallei, die Whale Coast-inkopiesentrum en bekende restaurante in die omgewing.

Nerf - Af Kamers en Kothuis bied verblyf aan in 'n nuutgeboude, moderne Huis en Kothuis. Daar is twee privaat en-suite slaapkamers in die hoofhuis; die king's en die queen's-kamers. Elk met 'n privaat ingang en stoepie.

Die kothuis se dekor is hoofsaaklik eklektiek, met oud en nuut gemeng en baie smaakvol. Serina is 'n dekor-stilis. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers wat slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind bied. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die leefarea het twee dagbeddens en bied ideale slaapplek aan 'n kind.

Daar is 'n gasstoof met 'n elektriese oond, mikrogolf, en 'n yskas in die kombuis. 'n Skottelgoedwasser is beskikbaar vir groter gesinne. Daar is ook 'n kaggel in die leefarea. 'n Gemakstoel en twee dag beddens bied gerieflike sitplek aan in die leefarea. Die eetarea het 'n eetkamertafel waarby 6 persone gemaklik kan aansit. 'n TV met DStv en 10mbps WiFi is beskikbaar. Die oopvoudeure in die leefarea maak oop na die stoep met 'n braai-area. Die openbare speelpark vir kinders langs die huis is maklik toeganklik met 'n hekkie vanaf die eiendom.

Die 2 luukse, individuele en suite-kamers in die hoofhuis, is elk uniek gemeubileer en het elk 'n privaat ingang en hul eie badkamer en stoepie. Ideaal vir 'n romantiese wegbreek vir 2 persone. Gaste het 'n uitsig oor die privaat tuin en die berg vanaf die stoepie. Hierdie twee kamers kan saam met die kothuis bespreek word, om dit geskik te maak vir groter groepe van 10.

Onrus het 'n baie gewilde kuspaadjie langs die see en die strandmeer, asook kronkelende voetpaadjies onderdeur melkhoutbome. Die bekende Davie's en Jan Rabe-rotspoele is baie gewild vir swem en snorkel.

Onrus se Blouvlagstrand lok duisende branderplankryers oor die wêreld. Ander nabygeleë aktiwiteite sluit in, walviskyk, haaihokduik, hengel, fietsry, wynproe- en voetslaanroetes.

Hermanus is slegs 5km vanaf Onrusrivier geleë. Bekende restaurante en wynproe-geleenthede in die Hemel-en-Aarde Vallei, maak die omgewing baie gewild. Kuns en kultuur vorm 'n groot deel van hierdie kusstreek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
David R
Saam met lewensmaat
5.0
Alles net perfek. Baie lekker gebly. Goeie ligging.
Sep 2024
Theresa E
Saam met vriende
5.0
Value for money, good location, friendly service. My stay was good. We enjoyed the rustic look and peaceful surroundings. Lots of effor...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Andrénette S
Saam met lewensmaat
5.0
Serina en Eugene is vriendlike mense en het ons sommer dadelik laat tuis voel! Nerf-af Queen's kamer was ideaal vir my en my man. Dit is skoon, netjie...
Sien meer
Jun 2024
Eugene R
Saam met lewensmaat
5.0
Ek kan Nerf-af aanbeveel. Ons het so lekker gebly en gerus by Nerf-af dat ons ons verblyf verleng het. Die kamer is pragtig met alles wat ons nodig ge...
Sien meer
Jun 2024
Feline V
5.0
Sublime! Die mooiste huis met die mooiste dekor, al wat gekort het was relings by die toilet om jou aan op te trek!
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

EUGENE Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 61

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Bosplasie-singel 14, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nerf-af Cottage and Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R895
R895 R761
per nag, vir 2 mense
Vanaf R895
R895 R761
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosplasie-singel 14, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a72c7c36e5c13b78a28be917994fddcc7f65f4e52e19fa4f99a965be27c802d136d0d7fe640226dab128a9e8f30ad49f353?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R895 nouVanaf R761 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 14 Bosplasie Crescent Onrus River 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.41108 19.18541

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang