Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nine On Island

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ananda-singel 10, Olive Ridge 9, Vyf Brakke Fonteinen, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Nine On Island is 'n selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Vyf Brakke Fonteinen, Mosselbaai.

Dié eersteverdiepingwoonstel is in 'n veiligheidskompleks geleë en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die badkamer met 'n bad en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser in die kombuis. Etes kan by die ontbythoekie geniet word.

Gaste kan in die sitarea ontspan wat 'n TV met sekere DStv-kanale het. Gaste is welkom om hulle eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saam te bring om méér DStv-kanale te kyk. Die leefarea lei na 'n beskutte balkon met braaigeriewe en skuifdeure.

Een parkeerplek onder 'n skadunet is beskikbaar en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Nine On Island is 'n rookvrye-instansie en die eenheid maak gebruik van koopkrag. Vyftien eenhede word per dag voorsien en gaste moet asb. self nog koop soos benodig.

Nine On Island is 1,5 km vanaf Langeberg-winkelsentrum wat verskeie winkels en restaurante het. Die eenheid is 4 km vanaf Diazstrand en -waterpark en 5 km vanaf Hartenbos.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ané Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Ananda-singel 10, Olive Ridge 9, Vyf Brakke Fonteinen, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nine On Island het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ananda-singel 10, Olive Ridge 9, Vyf Brakke Fonteinen, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd0af4d93737694f0b97eb7ddeffdda7a66e71afe48f33c364f9e183cdea9eda52e6e37d65ff2671227fd8d3044bde407d773?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 10 Ananda Crescent Olive Ridge 9 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.150214366555 22.096252043586

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang