No 2 Avignon
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crown-weg 5, Avignon 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
No 2 Avignon is 'n lieflike selfsorgwoonstel net 200 m van die strand af.
Dié woonstel is op die grondvloer en bestaan uit 3 slaapkamers, 'n en suite-badkamer, 'n gedeelde badkamer, kombuis, en 'n oopplan-woonkamer wat oopmaak op 'n patio met 'n uitsig oor die tuin. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n bad en stort. Badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, en 'n wasmasjien. Gaste kan hul etes by die eetkamertafel nuttig. Die woonkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt vir gaste wat hul eie dekodeerders saambring (nie geskik vir Explora-dekodeerders nie). Daar is ook OpenView HD satelliet-TV. En die patio het 'n gasbraaier.
Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en daar is ekstra parkeerplek in die kompleks.
Aktiwiteite sluit in pretdraf elke Saterdag by St Michaels-strand, die Stephward-landgoed Eksotiese Kwekery, The Wild Slide, Wild 5 Adventures by Oribi-kloof, en Uvongo se vlooimark. No 2 Avignon is ook lekker naby verskeie restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Diens op aanvraag
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Crown-weg 5, Avignon 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink No 2 Avignon het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in St Michael's-on-Sea Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crown-weg 5, Avignon 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang