Ntoma House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R5 720 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Die Ntoma Huis is na die jakkalsbessieboom vernoem wat die landskap afrond. Dié selfsorghuis is vir 6 gaste geskik, spog met besonderse uitsigte vanaf elke uitkykpunt en is tussen lowergroen maroela-, knoppiesdoring- en hardekoolbome versteek.
Ntoma House het lugversorging, bied 'n romantiese en intieme ervaring en is die perfekte wegbreekplek. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne, badhanddoeke, japonne en pantoffels word voorsien.
Die moderne kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel met sitplek vir 8 gaste geniet word.
Die sitarea het 'n TV met 'n HDMI-kabel en gratis WiFi word voorsien. Gaste kan ook met 'n boek in die klein biblioteek ontspan.
Die leefarea lei na 'n hout-uitkykdek met ekstra sit- en eetareas, asook 'n uitsig oor die swembad en die bos rondom die huis. Gaste kan skemerkelkies op die boonste dek geniet terwyl hulle die uitsig op die omliggende Drakensberge bewonder.
Gaste kan lekker in die swembad afkoel, in die tuin ontspan, of die bomabraaigeriewe gebruik.
Gaste kan met hulle eie voertuie gaan wildkyk, of by die verhewe voëlkykskuilings by die 2 damme voëlkyk. Ander aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit bergfietsry, stap, perdry, 'n spa, galerye, winkels en kroeë in Hoedspruit in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Italiaans
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Mgr Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Ntoma House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo