Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

OakHaven

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plantation-straat 16, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

OakHaven bied begrotingsvriendelike oornagverblyf aan vakansiegangers en sakereisigers in Ceres. Die eenheid is op dieselfde perseel as die gewilde Dennesig-kothuis geleë en naby die provinsiale hospitaal, skole, restaurante en winkels. Die ingang na die Dennebos Vakansieoord is net 250 m weg waar dagbesoekers die swembad en grasperke kan gebruik.

Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die klein badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. In die kamer is daar ook 'n spieëltafel, ingeboude kaste en 'n lessenaar.

Daar is 'n aparte kombuisie met verhit-en-eetgeriewe, insluitend 'n yskassie, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe en 'n wasbak. Die sitarea beskik oor 'n TV, 2 gemaklike stoele en 'n slaapbank.

Die eenheid het 'n privaat ingang en bied veilige parkeerplek agter 'n geslote hek. Daar is ook gratis WiFi, 'n TV met die volledige DStv-pakket en 'n privaat patio met 'n uitsig oor die tuin en die berge.

OakHaven is op 'n gewilde voetslaan- en bergfietsroete geleë. Daar is verskeie rotspoele en pragtige fynbos op die roete te sien. Ceres Gholflandgoed is net 1,2 km ver. Jammer, geen kinders onder 8jr.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Shain S
Saam met lewensmaat
5.0
As above. Good, good host. All was in order. A few extras were there for my wife and me to enjoy, which is rare these days.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Petrus L
Saam met lewensmaat
5.0
It's a perfect place to spend the night. Our stay was quiet, peaceful, and relaxing. The cleanliness is 5-star quality, and the privacy...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Japie L
Saam met lewensmaat
5.0
Het ons baie welkom laat voel. Lekker ruim. Baie vriendelik. Baie behulpsaam.
Nov 2024
Lionel H
Saam met lewensmaat
5.0
Een groot lekkerkry. Puik verblyf, goed voorsien, besonders netjies en alles werk!
Okt 2024
Erika V
5.0
Baie goeie ervaring. Rustig en sonder probleme.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Surine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Plantation-straat 16, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink OakHaven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Ceres Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plantation-straat 16, Ceres, 6835, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb774d705c477af6a79d46baa93aa2f0aed0fd00ad8cfb8a1e1e6da76a4552e10fd884e07ec64c650022c92de9df3a7f01d2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 3 mense 26 5 1 5 16 Plantasie Street Ceres 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.364485 19.300586

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011