Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

OakHaven

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 18 Des 2024 tot 31 Jan 2025.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plantation-straat 16, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 R675 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

OakHaven bied sakpas-oornagverblyf aan vakansiegangers en sakereisigers in Ceres. Die eenheid is op dieselfde perseel as die gewilde Dennesig-kothuis en naby die provinsiale hospitaal, skole, restaurante en winkels geleë. Die ingang na die Dennebos Vakansieoord is net 250 m ver waar dagbesoekers die swembad en grasperke kan gebruik.

Die slaapkamer het 'n dubbelbed, spieëltafel en lessenaar. Die klein badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Daar is 'n aparte kombuisie met verhit-en-eetgeriewe wat 'n yskassie, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe en opwasbak insluit.

Die eenheid het 'n privaat ingang en bied veilige parkeerplek agter 'n geslote hek. Daar is ook gratis WiFi, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n privaat stoepie met 'n uitsig oor die tuin en op die berge.

OakHaven is op 'n gewilde voetslaan- en bergfietsroete geleë en daar is verskeie rotspoele en pragtige fynbos op die roete. Ceres Gholflandgoed is net 1,2 km ver.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Verwarmer
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Japie L
Saam met lewensmaat
5.0
Het ons baie welkom laat voel. Lekker ruim. Baie vriendelik. Baie behulpsaam.
Nov 2024
Lionel H
Saam met lewensmaat
5.0
Een groot lekkerkry. Puik verblyf, goed voorsien, besonders netjies en alles werk!
Okt 2024
Erika V
5.0
Baie goeie ervaring. Rustig en sonder probleme.
Sep 2024
Elzaira D
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflik en stil. Dit was lekker gewees. Die plek is op 'n baie goeie plek geleë.
Jun 2024
Petrus L
Saam met lewensmaat
5.0
Perfectly neat and restful comfortable. Wow, it was definitely a nice place to be. Guys, your place is awesome and I love the fact that...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Surine Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 77

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Plantation-straat 16, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink OakHaven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Ceres Boland Wes-Kaap
Vanaf R750
R 750 R 675
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
R 750 R 675
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plantation-straat 16, Ceres, 6835, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdea09297f3bfff3f77b26e758dc4bd2900cfeda09d2dcd9adf018c2ea579b103bb82fa837e4d31b57cde42555252f132ff3b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R675 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 16 Plantasie Street Ceres 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -33.364485 19.300586

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang