Ocean Bliss
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Fouriestraat 15, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ocean Bliss is 'n moderne kothuis in Westcliff, Hermanus, minder as 500 m se stap van verskeie walvisuitkykpunte af. Kom ontspan in 'n rustige atmosfeer, stap na die dorp en see en eet by Hermanus se wye verskeidenheid restaurante.
Die kothuis is ideaal vir 2 gaste. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid het verder verwarmers, 'n waaier, gratis vesel-WiFi en kosmaakgeriewe. Die klein kombuis is toegerus met ’n mikrogolfoond, gasstoofplaat, yskassie, broodrooster, ketel, potte, panne en alle ander eetgerei. Die kothuis beskik ook oor 'n klein, gerieflike oopplan-sitkamer en eetkamer. Die oppervlakte van die kothuis is sowat 40 m². Braaigeriewe word ook voorsien onder 'n lapa-afdak. Daar is 'n pooltafel onder die afdak by die braai. Veilige parkeerplek is in die straat voor die huis beskikbaar.
Hermanus se middedorp is stapafstand vanaf die verblyf en bied verskeie restaurante, winkels, stalletjies en uitkykpunte vir walviskyk. Gaste kan op spesiale roetes gaan bergfietsry, branderplankry, op die strand lê, haaihokduik in Gansbaai onderneem of walvisse vanuit 'n boot beleef. Daar is ook lieflike staproetes in die berge by Fernkloof Reservaat, die Drie Damme, Hermanus Uitkykpunt ens. Die Whale Coast Mall met Ster Kinekor is 5 minute se ry en Fick's Pool Restaurant & Wine Bar is 'n restaurant wat op die see by die rotse geleë is en is net 5 minute se stap vanaf Ocean Bliss. Hermanus Country Market op Saterdae is ook 'n groot trekpleister en lok talle mense van die omgewing asook van Kaapstad! Lieflike handwerkstalletjies, heerlike kosstalletjies en die atmosfeer is aansteeklik! Daar is ook klimrame en ritte vir die kleinspan.
Die eienaars en hul troeteldiere woon ook op die perseel. Die gaste het wel privaatheid en sal nie onnodig deur die eienaars gepla word nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Yolanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Fouriestraat 15, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Ocean Bliss het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Fouriestraat 15, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang