Ocean Pearl
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloumagriet-singel 31, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ocean Pearl is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Britanniabaai. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinswegbreek aan die Weskus aangesien dit net 1 km vanaf die strand is.
Dié verblyf bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderarea en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en gaste gebruik die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Die solderarea het 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n stapelbed wat slegs vir kinders geskik is.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n lieflike stoep met sitplek en braaigeriewe. Die verblyf is naby talle winkels en restaurante.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Zueney Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 15
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Bloumagriet-singel 31, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Britanniabaai St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloumagriet-singel 31, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap