Ohange Namibia Lodge
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: B1 Tussen Tsumeb en Otavi, Otavi, 0000, Otjozondjupa
- Vanaf R2 117 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ohange Namibia Lodge is 'n lieflike toevlugsoord oos van Etosha in die hartjie van die Otavi-bergreeks. Die lodge staan in die skadu van maroela- en tambotibome en bied 'n uitsig oor die rustige, asemrowende landskap. Dit is net 30 km noord van Otavi op die B1-roete op pad na Tsumeb, Etosha Nasionale Park en Kavango, en verskeie wildspesies kom hier voor.
Verblyf word in 10 kliphutte met grasdakke gebied wat volgens 'n Afrika-styl ontwerp is. Al die hutte skuil teen die lowerryke heuwel naby Ohange se hoofgeboue. Die hutte is ver genoeg van mekaar af om gaste se privaatheid te waarborg, maar naby genoeg aan die sentrale geriewe. Gaste het 'n direkte uitsig oor die watergat met sy volop wild- en voëllewe en die berge in die verte. Elke hut het 2 enkelbeddens, 'n plafonwaaier, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n en suite-badkamer met 'n oopplan-toilet en wasbak. Die gepleisterde mure en grasdakke hou dit koel wanneer dit warm is gedurende die dag. Voor elke kamer is daar 'n veranda met sitplek vir gaste wat die wild wil bewonder. Die paadjies tussen die bungalows word verlig gedurende die nag vir sekuriteit.
Die lieflike swembad is net 'n klein entjie vanaf die hoofgebou. Dit is teen 'n heuwel en word omring deur 'n patio en 'n grasdak-area waarin gaste kan ontspan. Doendinge by die lodge sluit wildritte, nagritte, begeleide wanderlinge wanneer die son sak, begeleide oggendwanderlinge, natuur- en boswandelinge, voëlkyk, en etes onder die Namibiese sterrehemel in. 'n Bietjie verder weg wag 'n dramatiese vista op die Otavi-bergreeks.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Suzanne Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 47
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- B1 Tussen Tsumeb en Otavi, Otavi, 0000, Otjozondjupa
- Gaste dink Ohange Namibia Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Otjozondjupa Namibië
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: B1 Tussen Tsumeb en Otavi, Otavi, 0000, Otjozondjupa
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang