Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Okajo Safari Lodge

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
3.3
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.7
Veiligheid
5.0
Coenraad S
1 nag Besigheidsreis
5.0
Nov 2024

Sal weer kom! Ons het baie lekker gebly! Aandete was heerlik. Sal weer kom!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wilson
Okajo Safari Lodge
Dit was 'n plesier om julle hier te hê. Groete van Okajo

Donna T
1 nag
4.0
Jul 2024

Heel lekker. Baie mooi plek en lekker gebly, maar kan verbeter op die volgende: Aanwysingsborde te klein - het dit aanvanklik nie gesien nie en moes omdraai. Geen braaibak of braaitang. Geen afdrooglappe. Ontbyt was egter baie lekker en personeel baie vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Nico S
Kort verblyf Gesin met tieners
3.4
Jan 2025

Moenie hier bly nie. Eers die positiewe: Lea en Saartjie is 'n span duisend en het heerlik kos gemaak en heeltyd seker gemaak dat daar geen probleme was nie. Die plek is ook skoon en netjies. Ons sal nie die plek aanbeveel nie. Ons moes bel om 'n kode vir die hek te kry, die plek het heelwat vernuwing nodig, daar was geen ander gaste tydens ons verblyf nie (dit verduidelik seker alles), daar is byna geen wild nie, die perde is blykbaar dood en van pyl-en-boog skiet is daar nie sprake van nie. Die veerpyltjiebord was stukkend en die pooltafel ook. Die binnenshuise swem was ok, maar dit sou beter gewees het indien net 'n gewone swembad was. Daar is eintlik basies niks om te doen nie.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Wilson
Okajo Safari Lodge
Liewe Steyn gesin. Baie dankie vir die terugvoering. Baie bly julle het die kos geniet en dat ons getroue span u so goed behandel het, hulle is definitief vir ons 'n groot aanwins. Ons probeer hard om ons gaste hier soos familie te behandel en dit is wat Okajo so besonders maak. Ons is in die middel van ons reënseisoen en is baie dankbaar vir die reën wat ons ontvang. Die diere is nou diep in die bos en dis maar baie moeilik om hulle te vind. Ons gee ons gaste die opsie om te gaan wild kyk en daarom vra ons geen vergoeding as ons hulle op die plaas rondneem nie, ons doen dit verniet. Ons twee pragtige perde is vir ons 'n groot verlies, dis nog hartseer maar ons sal hulle moet vervang. Ons is een van baie min lodges wat kan spog met 'n onderdak swembad. Gesinne met kinders geniet dit sowel as ons buitelandse gaste wat nie gewoond is aan die warm Namibiese son nie. Januarie maand is maar 'n baie stil maand aangesien die meeste families Desember maand verlof geneem het. Meeste gaste geniet die geleentheid om alleen te wees en net 'n bietjie te rus. Namens Okajo Safari Lodge en sy span wil ons u verskoning vra dat u verblyf nie aangenaam was nie, miskien kan ons dit 'n volgende keer vir u opmaak. Groete van die Okajo span.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Wilson Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 610
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 610
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die C36, Wilhelmstal, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84dc9264aa864c77f81882b970cd4fa5527a6ae4e591715783191ecf6c771b6c7ae13e86f8c9de7f8fce68fff6ef29395936?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 610 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 Off C36 Wilhelmstal 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -21.817702369315 16.245063829361

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang